Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Len Muller stel nuwe musiekvideo bekend
Nuus

Len Muller stel nuwe musiekvideo bekend

Redaksiespan21 Maart 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die musiekvideo van Len Muller se gewilde enkelsnit, Ek Glo, is pas bekendgestel. Dit neem die kyker op ’n liefdesreis vol deernisvolle oomblikke, wat die hart net soveel sal raak soos die lirieke en sielvolle vertolking van hierdie kitstreffer.

Kyk die video hier:
 

Len, wat bekendheid verwerf het vir sy aangrypende lirieke en strelende stem, se solo-loopbaan het in 2012 afgeskop toe hy Richardsbaai verruil het vir Pretoria se stadsliggies. Sy debuutalbum, Doodgewone Avontuur, wat in 2015 uitgereik is, het hom amptelik aan die musiekbedryf bekendgestel en heelwat treffers en benoemings (Ghoema- en Tempo-benoemings vir Manlike Kunstenaar van die Jaar en Nuweling van die Jaar) opgelewer.

Sedertdien het hierdie blondekopsangsensasie ’n prominente plek in die harte van Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers. Smag na Jou, die debuutenkelsnit, is vandag steeds ’n gunsteling en is gebruik op die klankbaan van die romantiese komedie, Strikdas. Vir Die Een Wat Geval Het, wat in 2016 saam met Joshua na die Reën uitgereik is, het groot opslae gemaak en kry gereeld speeltyd op die radio en kassie.

Ek Glo, wat in 2016 bekendgestel is, is die eerste enkelsnitvrystelling vanaf sy nuwe album, Oog van die Storm, wat in Junie 2017 uitgereik word. Die liedjie, wat deur Gideon Botes vervaardig is, is eie aan die Afrikaans-akoestiese styl waarvoor Len bekendheid verwerf het en is deur die sanger self geskryf.

“Die lied kom uit ’n seisoen waar ek heelwat geloofspronge moes vat om dit te doen wat ek geroep is om te doen. Geloof het ’n groot rol gespeel om my deur hierdie moeilike tyd te dra. Hierdie liedjie is in ’n sekere sin ’n uitnodiging om te glo. Om te glo in ’n Skepper wat die pad aanwys, maar ook om te glo in dit wat Hy in ons elkeen geplaas het,” vertel hy.

“Ek wou graag ’n lekkerluisterliedjie skryf, waarop mense kan dans of selfs om die braaivleisvuur kan geniet. Daarom het dit ’n voelgoed-klank en ’n positiewe boodskap. Ek hoop dat dit mense sal inspireer om aan hulle geloof vas te hou ten spyte van hulle omstandighede.” Die snit is baie goed deur radiostasies en die publiek ontvang en het verskeie weke op die nommer een posisie van verskeie treffersparades gekuier.

D3A_7099

Die beeldmateriaal vir die musiekvideo is oor die jare versamel en deur Duck Soup Productions aanmekaar gesit. “Baie goeie vriende van my se troue is so ’n rukkie terug op video vasgevang. ’n Paar jaar later, was hulle eersteling op pad en die swangerskap op presies dieselfde plek afgeneem. Die idee met die video, was om ’n egte, ware liefdesverhaal te vertel van twee dierbare vriende wat elke dag dié groot geloofsprong neem. Ons wou vir mense wys dat jy steeds gelukkig getroud kan wees as jy bereid is om saam met iemand te waag in geloof”, verklap die sanger. “Ek glo dat dit ’n prentjie is wat mense nodig het om te sien. Ek hoop dat dit vir luisteraars hoop sal gee, veral diegene wat moeilike tye in hul verhoudings beleef.”

Alhoewel daar sekere uitdagings was met die opname van die video, het Len die ervaring baie geniet. “Dit was lekker om die prentjie te sien bymekaar kom en ook om myself uit te leef met die opvoer van die liedjie vir die video,” sê hy.
Die pragtige storie wat in die agtergrond afspeel pas perfek by sy aangrypende vertolking van die snit. Die eindresultaat is perfek en die video sal luisteraars weer van vooraf laat verlief raak op die kunstenaar se uitsonderlike talent.

Bly op hoogte van Len se loopbaan op Facebook, Twitter en Instagram.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.