Die gewilde sangeres, Andriëtte Norman en haar man, Glynn het vandag hul seuntjie in die wêreld verwelkom.
Dié kleinding wat, Graham Harold Moolman, heet is vanmiddag net ná 12:00 gebore, en 3.96kg by geboorte geweeg.
Andriëtte het by ’n Facebook boodskap geskryf: “Dankie Liewe Jesus vir hierdie wonderwerkie.Niks kan die gevoel “beat” nie.xxx”
Haar man, Glynn, het reeds ’n kleuterseun uit ’n vorige verhouding.
Die Kaapse paartjie is in 2015 getroud.