Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Video’s

Joshua Na Die Reën: Die Wêreld Binne My

Redaksiespan6 Februarie 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Joshua na die Reën se splinternuwe musiekvideo vir sy liedjie “Die Wêreld Binne My” is eksklusief tydens ’n uitsending van Top 20 gedeel.

“Ek is gebou, jy is gebou en die wêreld binne my is in afwagting oor jou. Kom hardloop deur my woude, kom swem hier in my see. Wees somer oor my berge, want dis hier waar jy regeer – ek in jou en jy in my…” is lirieke uit Joshua na die Reën se liedjie, “Die Wêreld Binne My”, wat in 2016 vrygestel is as titelsnit van hierdie bekroonde musikant se tweede album.

Die liedjie, wat eie is aan die unieke kontemporêre klank waarvoor Joshua na die Reën bekendheid en talle toekennings verwerf het, is ’n mengsel van roerende lewenswaarhede en aangrypende melodieë. Dit was uit die staanspoor gewild en is onlangs aangewys as GrootFm se Grootste Treffer vir 2016.

Kyk die video hier onder:

“Die beste verstaan wat ek van die lewe het, is dat elkeen van ons op verskillende maniere in jare grootword. Dit bepaal hoe ons voel, hoe ons leef, hoe ons na verskillende dinge kyk en dit dan probeer verstaan. Dit alles skep ’n wêreld binne elke mens op aarde, elkeen wat al ooit geleef het en ooit sal lewe. Ek dink ’n groot fout wat ons, as mensdom, gemaak het deur die eeue was om mekaar se wêrelde te oordeel en dit in klasse te plaas.

“Die boodskap agter die liedjie is dat almal se wêreld gelyk is en dat almal se siening oor die lewe van waarde is. Ek glo dat as ons die wêreld so begin benader, ons werklik die mooi in die lewe sal raaksien! Want ek glo dit is wat God droom. Hy wil hê dat die mensdom in eenheid en vrede moet leef, ten spyte van verskille,” vertel hy.

Omdat “Die Wêreld Binne My” die sanger so na aan die hart lê, wou hy iets baie spesiaal doen om die boodskap op ’n treffende manier op die skerm vas te vang. “Ek wou die kontras van verskillende dele van die wêreld binne en buite ons vasvang, daarom is daar verskillende ongerepte natuurelemente gebruik – nat, droog, berge, vlaktes, sterre, water, ensovoorts.

“Dit is moeilik om die komplekse wêreld binne ons te skets, maar ek hoop ten minstens dat die video mense sal laat besef dat daar bitter mooi dinge binne en buite ons aangaan,” verklap die sanger oor die idee agter die video.

Die video, wat deur Daville Films & Photography vervaardig is, is in November en Desember geskiet in verskillende dele van Murraysburg, Magoebaskloof en Kleinmond. “Die plekke waar die video geskiet is, is plekke wat ek ontdek het deur te reis. Hierdie plekke het met my gepraat en ek moes net die video daar gaan skiet! Daar is nog baie sulke plekke.

“My broer (die groep se dromspeler) en sy span – Jaen Kleynhans, Japie Kruger en Gustav Reynecke – het die musiekvideo vervaardig en het laat aande en die vroeë oggende in die Karoo trotseer om die bewegende sterre af te neem vir die tonele onder die sterrehemel. Dit was regtig ’n groot voorreg om saam met hulle aan hierdie projek te werk.”

“Die Wêreld Binne My” se musiekvideo kry dit reg om die hoendervleismooi kombinasie van die sanger se fluweelstem en die meesleurende klank van die instrumente te verweef met natuurtonele wat jou asem sal wegslaan. Die eindresultaat is so treffend dat dit aanhangers se harte weer opnuut sal verower.

Hier is ’n paar agter-die-skerms-foto’s:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Elandré: Stilte Voor Die Storm
Gerhard Steyn en Nádine: Ons2
Johan Anker: Hallelujah
Caroline-Grace: Ek bid vir jou

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.