Karlien van Jaarsveld sing vir liefde

Kyk, Karlien van Jaarsveld ken nie so iets soos stilsit nie. Bewonderaars kan hul maar gereed maak vir splinternuwe musiek van die bekroonde sangeres met ’n nuwe liedjie met, Sing vir Liefde, wat reeds die lig gesien het.

Lees ook: Afrikaans is Groot gaan groot in Kaapstad


Die liedjie en die musiekvideo daarvan is reeds 10 Februarie 2017 eksklusief op Apple Musiek geloods, waarna dit ook later aanlyn te sien sal wees. Sing vir Liefde sal op Valentynsdag vir die eerste keer op verskeie radiostasies landswyd gehoor kan word.

Koop die enkelsnit hier.

16508719_1264093623674189_1140816818475935671_n


Ná die sukses van haar vorige albums en die vele toekennings wat sy ingepalm het, het Karlien gevoel dis tyd vir iets wat as ’n baken van hoop kan dien. Saam met Karlien, het Johan Vorster en Christoph ‘Appel’ Kotzé ook bygedra as skrywers.

In Karlien se eie woorde: “Hierdie enkelsnit was vir my lig op die horison. Dit het vir my gevoel terwyl ek aan hierdie liedjie skryf, of ek kan deel wat op my hart is sonder dat dit verdraai kan word op enige manier. Sing vir Liefden laat my vry en lig voel en of alles net oor begin! Ek is mal oor die nuwe liedjie en hoop dat dit dieselfde vir die mense wat dit luister sal bring, lig en ook vrede, en ’n glimlag.”

Koop die musiekvideo hier.


Bly gerus op die hoogte van Karlien se loopbaan op Twitter, Facebook of Instagram!