Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Afrikaans is Groot gaan groot in Kaapstad

Redaksiespan10 Februarie 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ná elf uitverkoopte Afrikaans is Groot 2016 vertonings in Pretoria, maak dié gewilde konsertreeks ’n draai in die Moederstad – vir ’n vierde keer. Op Vrydag, 17 Maart en Saterdag, 18 Maart is dié konsert by Grand West Casino in Kaapstad te sien.

Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Jannie Moolman, Corlea, Elvis Blue, Dewald Wasserfall, Lianie May, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Jay, Karen Zoid, Laurika Rauch, Riana Nel en Bok van Blerk is almal saam op één verhoog. Natuurlik wag daar ook so paar ander verrassings op konsertgangers.

Afrikaans is Groot is ’n musiekkonsert wat sedert 2012 aangebied word, en beloof jaarliks om nie net iets vir die oor te bied nie, maar ook iets vir die oog. Goeie klank, uitstekende beligting en artistieke toevoegings maak van die konsert ’n trekpleister vir oud en jonk.

“Die Afrikaanse gemeenskap in die Kaap is baie lojaal teenoor Afrikaanse musiek, daarom het ons besluit om die konsert ook daar aan te bied,” sê Arnold Coleske, organiseerder van die konsert. Volgens Coleske is hierdie nie net ’n konsert nie, dit is ’n fees van musiek.

Dis reeds die vierde konsert wat in die Kaap aangebied word, en nes sy voorlopers, Afrikaans is Groot 2013, 2014 en 2015, wat tans ook Woensdae om 20:00 op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146) uitgesaai word, gaan dié vertoning jou laat snak na jou asem.

Kaartjies verkoop jaarliks ook soos soetkoek, en mense moet spring om kaartjies in die hande te kry. Binne ’n paar uur is meeste van dié kaartjies verkoop. “Ons moet elke jaar meer konserte byvoeg, want die publiek soek meer,” vertel Coleske verder. “Konsertgangers is baie lojaal, en ons kry net goeie terugvoer van die publiek.”

Diegene wat reeds die konsert in Pretoria bygewoon het, is vol lof. Clara Smit skryf op Facebook: “Ek was daar, dit was pragtig en die kostuums was asemrowend.” Debbie Ferguson Schoultz het van haar laat hoor, en vertel: “Ons was daar en dit was ongelooflik, sal definitief weer volgende jaar bywoon.” “Mense, dit is ’n belewenis. Gaan definitief weer volgende jaar,” skryf Nana Swart Abrie.

Kaartjies vir Afrikaans is Groot 2016 in Kaapstad vir Vrydag, 17 Maart om 19:00 en Saterdag, 18 Maart om 13:00 en 19:00 is aanlyn beskikbaar by TicketPro.

Bly op die hoogte van Afrikaans is Groot-nuus op Facebook en Twitter.

 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.