Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Opwindende musiekproduksies debuteer by die 23ste KKNK
Feeste

Opwindende musiekproduksies debuteer by die 23ste KKNK

Redaksiespan31 Januarie 2017
Coenie de Villiers te sien in Karoo Suite
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

“Die program van die 23ste KKNK beloof vanjaar ’n belewing vir almal, met opwindende debuutwerk in alle genres en gewilde produksies van ander speelvakke wat vir die eerste keer in die Klein Karoo te sien is.” Só sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van die KKNK, wat van 8 tot 15 April op Oudtshoorn aangebied word.
Daar is 12 debuut musiekproduksies. Karen Zoid en die Gereformeerde Blues Band trek ’n kontemporêre baadjie vir die monumentale Eet Kreef-album aan. Coenie de Villers en sy musikante bring in Karoo Suite komposisies van sy nuwe album na die verhoog en ’n splinternuwe komposisie, die Karoo Suite word vir die eerste keer gehoor. Spanningsverhaalskrywer Deon Meyer stal van sy ander talente uit as deel van die produksie en help met lirieke en van sy asemrowende fotografie vorm deel van die Karoo-viering. In ’n nostalgiese reis, sorg Emo Adams, Bobby van Jaarsveld en Katlego Maboe dat ikoniese Afrikaanse musiek opgetof word in Karoo Swing.

Coenie de Villiers te sien in Karoo Suite
Karen Zoid en Die Gereformeerde Blues Band is ook by KKNK te sien


Die eerste Afrikaanse hip-hop musiekblyspel Amper Famous, is te sien met V.I.T.O., onder regie van David Kramer en vertel die storie van ’n jong man wat groot drome, in ’n klein dorpie, droom. Ander debuut musiekproduksies sluit in Amanda Strydom – So onner deur die maan, Andriëtte Norman – Goeie genade dis ’n dekade, Danie Niehaus en Pietman Geldenhuys – Die ding van ’n liedjie, Jak de Priester – 15 jaar met klavier en kitaar, Loki Rothman en Albert Frost – Die akoestiese kitaar, Elisha Zeeman se kabaret Mond verby, optredes deur Steffie le Roux en Les Javan en Zolani Mahola – Rok en rol.


Weekkaartjies na die Rivierbuurt bied vir net meer as R30 per dag toegang tot hope vermaak in die Rivierbuurt met gunstelinge soos Juanita du Plessis, Dr. Victor, Theuns Jordaan, Refentse, Kurt Darren, Emo Adams, Bok van Blerk, Rhema Varrie en vele meer op die Huisgenoot-verhoog. Toegang na dié optredes is ingesluit by Rivierbuurt-kaartjies en golden circle-kaartjies is vir uitgesoekte aande beskikbaar. Weekkaartjies kos R250 (vir agt dae se vermaak) en dagkaartjies kos R50.



Lees meer oor al hierdie debuut-produksies in die volledige feesprogram by www.kknk.co.za. Kaartjies is beskikbaar by Computicket en Shoprite/Checkers en House & Home. Verblyf kan aanlyn bespreek word, of skakel 044 203 8600.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza
Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!
Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’
SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.