Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Francois van Coke se nuwe album, Hierdie Is Die Lewe, tref die rak

Redaksiespan1 Februarie 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die lang wag is uiteindelik verby! Francois van Coke se tweede album, Hierdie is die Lewe, word op 2 Februarie 2017 uitgereik.

Twee musiekvideo’s vir dié album is alreeds vrygestel: “Mensdom”, om die groep Die Gevaar voor te stel, en “Klein Prys” – Francois se ode aan Fokofpolisiekar. Beide dié titels is ook beskikbaar op 7” vanaf Permanent Record.

“Klein Prys” handel oor die nalatenskap wat Fokofpolisiekar deel, en die moelike tye wat hulle gebring het tot waar hulle vandag is. Volgens Francois is dit sy huldeblyk aan dié groep.

“Mensdom”, die eerste musiekvideo vanaf Hierdie is die Lewe, is op 10 November 2016 vrygestel. Dit dien nie net as lusmaker vir dié nuwe album nie, maar stel ook Die Gevaar, die groep saam met wie Francois sal optree, voor. Kyk weer hier na die musiekvideo.

“Ons almal het een ding in gemeen,” sê Francois. “Ons lewe – al verskil alles anders,” verduidelik Francois. “Die song gaan oor die lewe met foute en oorwinnings. Dit is ’n grungy blues sing-along oor menswees.”

Ontmoet Die Gevaar:

• Jedd Kossew (kitaar) en Richard Onraet (kitaar)
• Rudolph Willemse (baskitaar & produksie) & Walter Von Waltsleben (dromme)
• Sheldon Yoko (dromme)

Die-Gevaar-1024x545

Meer oor Hierdie is die Lewe:

Hierdie is die Lewe is ’n natuurlike progressie op Francois se suksesvolle en bekroonde self-getitelde debuutalbum, en kan gesien word as ’n liriese blik op waar Francois tans in sy lewe is.  Die klank is soortgelyk aan die eerste album en Francois bly introspektief.

“Hierdie een gaan oor die lewe, die goed die kwaad, die liefde en die haat, die verlede, die toekoms en die hede.”  – Francois van Coke

Francois en sy groep, Die Gevaar, het oor ’n stelselmatig aan die liedjies geskryf en geskaaf.  Hierdie is die Lewe is vervaardig deur Johnny de Ridder (Fokofpolisiekar se kitaarspeler) en Rudolph Willemse (Francois se baskitaarspeler) by Soft Light City in Bellville. Die dromme is deur Jürgen Von Wechmar by Red Bull Studios in Kaapstad opgeneem.

“Ek het die laaste twee jaar baie na ouer popmusiek geluister, soos Beach Boys en The Beatles, wat ’n definitiewe invloed op die album se melodieë en klank het. Daar is steeds ’n paar harde rock ’n roll nommers en ook natuurlik ’n paar ballades,” vertel Francois.

Hierdie is die Lewe kan nou op iTunes bestel word en sal ook beskikbaar wees op Google Play, sowel as 12” vinyl.

Vir meer inligting, besoek Francois van Coke se webblad, volg hom op Twitter en Instagram of kry hom op Facebook

Meer inligting oor die Hierdie is die Lewe-toer, klik hier.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.