Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Ruan Josh se eerste enkelsnit is amper hier

Fanie Nel29 November 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ruan Josh sal ná Vrydag op almal se lippe wees nadat sy eerste enkelsnit, Toevallig, die digitale-musiekwinkel, iTunes tref.

Die snit wat na verwagting 25 November vrygestel sou word is uitgestel na komende Vrydag, 2 Desember, maar dié sanger het nie op hom laat wag nie en ’n voorsmakie van die liedjie met sy aanhangers gedeel.

Klik hier om Toevallig op iTunes te voorafbestel.

cxhmdefxaaemypg

Ruan Josh se debuut album Eggo word 24 Februarie 2017 vrygestel. Na meer as twee jaar in wording, is die aanvraag na sy debuut album groot. Die album sluit meer as 14 nuutgeskrewe liedjies in uit die pen van onder meer: Johan Oberholzer, Franja du Plessis, Rudi Claase en Juanita du Plessis.


Ruan is gebore as Ruan Joshua du Plessis en het besluit om onder die naam Ruan Josh te sing vanweë sy korporatiewe verantwoordelikhede as besigheidsman.

“Dis vir my twee verskillende wêrelde en wil hulle graag apart hou. Ek geniet albei ewe veel en voel ek wil nog baie gee in beide wêrelde,” verduidelik hy.

Ruan is die bekende sangeres, Juanita du Plessis, se seun. Haar dogter Franja volg ook in ma se spore en haar debuut-album het reeds goue status bereik.

Ruan het ’n B-Com Graad in Besigheids Bestuur en bekleë ook die algemene bestuurs pos in twee firmas naamlik WOW Music Distribution en Juanita Records.


“Musiek is soos asemhaal vir my, dis deel van my wese en ek glo musiek spreek oor alle grense heen. Dis hoekom ek net wil reis en by almal uitkom en my musiek deel. Ek kan nie wag nie.”

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.