Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Loki Rothman hou die blink kant bo
Nuus

Loki Rothman hou die blink kant bo

Fanie Nel5 Desember 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die veelsydige kitaar virtuose, Loki Rothman, se talent ken geen perke nie.  Hy het die meeste genres op kitaar bemeester, het ’n meesleurende stem, verf asemrowende landskappe met sy oorspronklike lirieke en is ook ’n suksesvolle musiekvervaardiger.

Hierdie jaar het Loki sy vlerke selfs wyer gespan as kunstenaar en musiek vervaardiger.  Hy het die klankbaan, sowel as sy eerste oorspronklike Afrikaanse treffer, Ons Op Ons Eie, vir die film, Jou Romeo, geskryf en opgeneem.

Loki het ook die liedjie, Blou, saam met die legendariese Laurika Rauch opgeneem en is onlangs vrygestel.  Dit beteken dat Loki betrokke is by twee uitsonderlike liedjies wat tans op die radiogolwe dans van meer as 14 radiostasies regoor die land.

Ons Op Ons Eie se musiekvideo sal op 10 Desember geloods word op kykNET se Jukebox. Blou se video is tans nommer 20 op kykNET Top 20.

loki-1

Weens Loki se druk skedule as solo kunstenaar en vervaardiger het sy tyd as Jack Parow se kitaarspeler uitgeloop.  Tog is dit nie vaarwel nie: “Ek sal nog agter die skerms besig wees met hom. Ek vervaardig Jack Parow se nuwe enkelsnit Dis Bfk Remix asook ’n Jack Parow enkelsnit vir ’n nuwe fliek.”

2016 SAMA genomineerde kunstenaar in die Best Pop Album kategorie, Loki Rothman stel al vanaf 2015 sy gewilde One Man Band video dekkings van internasionale treffers vry vanaf sy Facebook-blad en YouTube kanaal.  In 2016 het Loki ’n nuwe rigting ingeslaan hiermee en ’n samewerkwer, Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties nader getrek om Amanda Strydom se liedjie, My Kamer, te dek.

Loki en Pierre se aangrypende verwerking van My Kamer het groot lof ontvang en was onmiddelik suksesvol.  Hierdie sukses het Loki aangespoor om ’n kans te vat en by die Afrikaanse musiek legende, Laurika Rauch, aan te klop vir ’n samwerking op een van haar liedjies.  Die eindresultaat is Laurika en Loki se unieke en beeldskone verwerking van Blou.

Vir Loki was hierdie ervaring onbeskryflik en hy is baie opgewonde om hul weergawe van Blou met die publiek te deel. “Die harmonie van ons twee stemme op hierdie opname werk net. Ek dink nie iemand het al ooit hierdie akoestiese kitaar tapping styl met ’n Afrikaanse liedjie gedoen nie,” sê Loki.

loki-3

“Dis vir my so ’n lekker musiekervaring om saam met Loki te werk.  Sy klank is vars, sy musikale insig onberispelik en sy tegniese vermoëns ongelooflik – beide as sanger en kitaarspeler/instrumentalis.  Ek beskou dit as ’n opperste voorreg om in sy dampkring te kan beweeg en saam met hom musiek te kan maak,” vertel Laurika op haar beurt.

Bly ophoogte van Loki se loopbaan op Facebook, Twitter en Instagram.

 

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.