Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Resensies

Monique Steyn: Mosaïek

Leoné Prinsloo2 November 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Coleske Artists (2017)

[yasr_overall_rating]

Monique Steyn se langverwagte nuwe album, Mosaïek wat onlangs bekend gestel is, beloof om luisteraars te verras met ’n splinternuwe, baie meer volwasse klank as waaraan hulle tot dusver gewoond was. Die uitreiking word voorafgegaan deur twee trefferalbums, Ek val vir jou, waarmee sy en Snotkop die land behoorlik op horings geneem het en Pienk Champagne wat kort daarna verskyn het. Sy het ook saam met Nicholis Louw, Ray Dylan en Elizma Theron bekendheid verwerf as voormalige lid van die gewilde popgroep, 4Werke, wat verskeie kere platinumstatus behaal het.

Die klassieke, stylvolle voorkoms van die album omslag deur Derick Taljaard waarop Monique direk in die kamera staar terwyl sy met haar kop agteroor lê, getuig van ’n onteenseglike eerlikheid. Arnold Coleske en Paulo Azevedo wat aan die stuur van hierdie album was, het ook in samewerking met Robin Kielly die finale meng daarvan behartig. Die meeste oorspronklike snitte kom uit die bekende liedjieskrywer, Johan Oberholzer se pen terwyl Emil Kraemer en Arri Opperman ook hand bygesit het.

Die titelsnit, Mosaïek beskryf hoe die besluite wat elke mens neem uiteindelik byeen kom om ’n kunswerk te vorm ten spyte van die krake as gevolg van sy of haar foute. Die Boom toon ’n sterk geestelike inslag waarin God se liefde en beskerming in die lewens van mense met die blare en takke van ‘n boom vergelyk word. Dié geestelike ondertoon van hierdie album vind verder ook in haar meesleurende vertolkings van Mynie Grové se Sweef soos ’n arend sowel as Hillary Scott se Thy Will neerslag.

Hartseer is ’n aangrypende duet saam met Ruhan du Toit van Touch of Class faam wat vertel van die absolute moedeloosheid en magteloosheid waarmee twee mense na afloop van ‘n liefdesteleurstelling worstel. Hulle het verder ook saamgespan vir ’n indrukwekkende weergawe van The Prayer wat deur Celine Dion en Andrea Bocelli opgeneem is. Sy het ook ’n nuwe baadjie aangetrek vir Mike Batt se Caravans, die temalied van die gelyknamige film wat in 1978 uitgereik is. Ander potensiële treffers sluit in Druppel in die emmer, Goeie ou dae, Vure Brand en Onder die invloed.

Juan Floors Oosthuizen, Danny Smoke en Deon van der Merwe se kitare asook Denny Lalloulette en Juan Floors Oosthuizen se baskitare sowel as Vinnie Henrico se tromme lewer ’n bydrae tot ’n baie meer volwasse kontemporêre klank. Evert van Niekerk, Lizelle le Roux, Jacques Fourie en Leonie Greyling met hulle viole sowel as Susan Mouton met haar tjello verleen ook ’n tikkie klassieke swier aan van die snitte.

Dié emosiebelaaide album slaag daarin om die kuns van lekker luister musiek deur middel van betekenisvolle lirieke te vervolmaak sonder om in voorspelbare melodieë of eentonige ritmes te verval. Daar is ’n nuutgevonde volwassenheid in Monique se werk te bespeur wat vir die eerste keer werklik aan die besondere vokale reikwydte van haar sopraanstem reg laat geskied. Mosaïek sal beslis aanklank vind by enigeen wat al die soet en die suur van die lewe sowel as die liefde gesmaak het.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.