Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Tarryn Lamb: Mal oor Jou
Resensies

Tarryn Lamb: Mal oor Jou

Leoné Prinsloo31 Oktober 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Coleske Artists (2018)

[yasr_overall_rating]

Tarryn Lamb, die voormalige hoofsanger van die uiters gewilde pop-country trio, BlackByrd, het vroeër vanjaar die Afrikaanse musiekbedryf amptelik betree met haar debuut solo-album Mal oor Jou, wat onlangs vrygestel is. Dit volg na die ongekende sukses wat sy sedert 2012 saam met Tasmyn Maker en Axene Chaberski-Loubser behaal het met hulle debuut album, Strong, wat vir vier SAMA-nominasies benoem is. Hierdie sangeres met die fluweelstem wat plaaslike gehore reeds die afgelope twee jaar by Classics-konserte bekoor het, sal ook vanjaar vir die heel eerste keer op die gesogte Afrikaans Is Groot-verhoog te sien wees.

Die klassieke album omslag deur Keyart Services maak van pienk en wit as deurlopende kleurskema teen ’n donker agtergrond gebruik om die vroulike perspektief op die ligte sowel as die skadukant van liefde te beklemtoon. Mal oor Jou se vervaardiging is behartig deur Juan (Floors) Oosthuizen, Robin Kielly, Danny Smoke en Crighton Goodwill wat saam met Paulo Azevedo en Arnold Coleske ook vir die finale meng daarvan verantwoordelik was. Al die oorspronklike snitte op hierdie album kom uit die veelbekroonde pen van die talentvolle Johan Oberholzer met die uitsondering van Dit is my storie wat Ewald Coleske geskryf het.

Die titelsnit, Mal oor Jou is ’n meesleurende liefdesverklaring wat beloof om selfs die mees geharde hart weer in die liefde te laat glo. Vier Woorde, die eerste enkelsnit vanaf hierdie album dien as ’n ode aan verlore liefde, gebroke harte en vergete beloftes. Geheueverlies maak van ’n intertekstuele verwysing na die Bybelse verhaal van die wyse en dwase man gebruik in ’n poging om die skrywer se gevoelens oor ’n gewese verhouding te verwoord.

Hierdie album bevat die effens speelse duet, Afgrond, saam met Jay du Plessis sowel as Tarryn en Kevin Leo se Italiaanse verwerking van Ed Sheeran se treffer, Perfect, waaroor luisteraars ongetwyfeld gaande sal wees. Haar deernisvolle vertolkings van legendariese Afrikaanse treffers soos Ek wil vir jou van Christa Steyn, Jy is te dierbaar van Kupido en Blouberg se strand van Laurika Rauch sluit dié emosiebelaaide album op ’n hoogtepunt af.

Die byna akoestiese aanslag sowel as die sensuele aard wat Tarryn se musiek aanneem, word deur Devereaux van der Hoven-Oosthuizen op klavier, Juan (Floors) Oosthuizen en Danny Smoke op kitaar asook baskitaar bewerkstellig. Ricus Nel verleen egter met sy banjo en baskitaar ’n baie meer country-geïnspireerde styl aan al die snitte met ’n vinniger tempo.  

Dié album bied ’n realistiese blik op die liefde sowel as verhoudings in teenstelling tot die meeste kommersiële albums se soetsappige sprokiesverhaal weergawe daarvan waarmee luisteraars voortdurend gebombardeer word. Alhoewel Tarryn se stem in baie opsigte aan die van Riana Nel herinner, slaag sy egter met haar unieke benadering tot die country-pop genre daarin om vir haarself ’n regmatige plek binne die Afrikaanse mark te kan verseker. Mal oor Jou met sy aangrypende melodieë en betekenisvolle lirieke sal aanklank vind by elkeen wat al ooit sy of haar hart op iemand verloor het en dit dan met moeite weer terug moes vind.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.