Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Resensies

Jannie en Corlea: Unforgettable

Leoné Prinsloo7 Augustus 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Coleske Artists (2017)

[yasr_overall_rating]

Jannie Moolman en Corlea Botha se splinternuwe duet-album, Unforgettable, doen sy naam gestand deur luisteraars op ’n onvergeetlike reis deur van die mees gewilde liefdesliedjies van alle tye te neem. Dié nie-amptelike sangpaar se konsepalbum wat onlangs by Classics Is Groot 2017 bekend gestel is, volg kort op die sukses van hul eerste duet album, Alle paaie lei na Rome (2015). Nadat hulle met ’n duet van The Prayer hul debuut saam by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in 2011 gemaak het, was hulle ook gereeld saam op die verhoog by die Afrikaans Is Groot konserte.

Jannie en Corlea is egter albei kunstenaars in eie reg wat onderskeidelik reeds diep spore in die plaaslike sowel as die internasionale musiekbedryf getrap het. Jannie wat reeds sedert die vroeë negentigerjare as ’n tenoor in verskeie bekende operas wêreldwyd te sien was, het ook saam met die veelbekroonde sangeres, Rina Hugo groot welslae bereik. Corlea wie se debuutalbum, Wonderkind van die Millenium op 12-jarige ouderdom reeds uitgereik is, het ook reeds diep spore in die musiekbedryf getrap.

Unforgettable waarvoor Irving Gordon die woorde en musiek geskryf het, is gekies as die titelsnit van Jannie en Corlea se tweede album wat uit vyftien alombekende romantiese treffers van die afgelope eeu bestaan. Hulle vertolking van geliefde snitte soos onder andere Love changes everything, Always on my mind, Can’t help falling in love en Quando quando sal luisteraars na hul asems laat snak. ’n Swing Medley bestaande uit die treffers, Fly Me to the Moon, Ain’t that a kick in the head en Come Fly With Me maak ook deel uit van dié album. Dit word afgesluit met hul weergawe van James Horner en Will Jennings se liedjie, I want to spend my lifetime loving you wat luisteraars ongetwyfeld nog lank sal bybly nadat die laaste note weggesterf het.

Gerhard van Rooyen se klassieke ontwerp van die omslag waarop Jannie en Corlea onderskeidelik in ’n deftige snyerspak en aandrok verskyn, komplementeer beslis die stylvolle musiek wat luisteraars op dié album kan verwag. Die kitaarmeester, Juan Floors Oosthuizen sowel as die strykers, Evert van Niekerk, Lizelle le Roux, Leonie Greyling en Waldo Luc Alexander is die musikante wat aan hierdie album luisterryke skoonheid verleen. Arnold Coleske, Paulo Azevedo en Christie Schutte was vir al die geliefde snitte se opname, redigering en meng verantwoordelik terwyl Juan Floors Oosthuizen en Danny Smoke die verwerkings en produksie daarvan behartig het.

Alhoewel hierdie album geen oorspronklike materiaal bevat nie, dien dit nietemin as ’n vertoonvenster vir die vokale reikwydte, harmonisering en interpretasievermoë van Jannie en Corlea wat daarop gehoor kan word. Dit bied ’n perfekte kombinasie van klassieke en kontemporêre musiek wat nie net luisteraars se liefdesvlam hoog sal laat brand nie, maar ook ’n tikkie nostalgie by hulle sal aanwakker. Unforgettable is ’n tydlose album waarby enigeen met ’n waardering vir die estetiese aanklank sal vind, ongeag of jy reeds ’n aanhanger van hierdie twee supersterre is al dan nie.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.