Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Resensies

Johan Anker: Hoop & Bid

Leoné Prinsloo24 September 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Universal Musiek (2017)

[yasr_overall_rating]

Johan Anker van The Voice SA-faam het sy aanhangers se asems behoorlik weg geslaan met sy lang verwagte debuutalbum, Hoop & Bid, wat uiteindelik verlede maand vrygestel is. Hierdie uitreiking is voorafgegaan deur sy vertolking van Leonard Cohen se bekende treffer, Hallelujah, tydens sy heel eerste oudisie op The Voice SA 2016 wat reeds deur meer as 285 000 mense op YouTube gekyk is. Dié opwindende nuweling wat reeds vanaf 9-jarige ouderdom sing, was nie net ’n lid van die Drakensbergse Seunskoor nie, maar is ook ’n begaafde akteur wat al in verskeie verhoogproduksies te sien was.

Hoop & Bid verteenwoordig ’n weldeurdagte kombinasie van ligte, klassieke en geestelike musiek om ’n deurlopende inspirerende boodskap van hoop aan sy luisteraars te bied. Dié mengsel van roerende lirieke sowel as ritmiese melodieë beloof om nie net in luisteraars se gedagtes vas te steek nie, maar om hulle ook te laat nadink en om vir hul nuwe hoop te gee.

Die oorhoofse doel van hierdie album word egter in die album-omslag uiteengesit by monde van Psalm 104:33, “Lewenslank sal ek die Here besing en God prys met my laaste asem.”

Vaughan Gardiner en Roux Cloete was die uitvoerende vervaardigers van hierdie album bestaande uit elf snitte wat spesiaal verwerk is om Johan se strelende tenoorstem sowel as sy uitsonderlike vokale vermoëns ten toon te stel. Niel Scoombee, Ernst Kleinhans, Sean Butler, Roux Cloete, Vaughan en Nerine Gardiner is van die bekende liedjieskrywers wat saamgespan het om al die oorspronklike snitte daarop tot stand te bring. Die album omslag en- ontwerp deur Fathom Media met wynrooi en swart as sentrale kleurskema waar hy in gedagte afkyk met sy skaduwee in die agtergrond skep die indruk van ’n diep denker.

Die titelsnit, Hoop & Bid, is ’n inspirerende lied oor hoe ons as mense mekaar in tye van pyn, hartseer of vrees moet bystaan omdat alle mense liefde en geluk verdien, ongeag wie hulle is. Die ander potensiële treffers sluit in die liefdeslied, Wilde Riviere, asook die meesleurende opdraglied, Deel Dit Uit. Hierdie album bevat ook indrukwekkende weergawes van verskeie bekende treffers soos Liefling, My Hele Hart, You Raise Me Up, God se Bedelaar, Houtkruis, Oorwinningslied en Hoe Groot is U.  Daar is ongelukkig slegs drie oorspronklike liedjies op die hele album wat dit vir Johan heel waarskynlik baie moeilik gaan maak om ’n onafhanklike musikale identiteit binne die plaaslike musiekbedryf te kan vestig.

Die klank wat op hierdie album gehoor kan word, toon nie slegs baie sterk ooreenkomste met die van die gewilde mans kwartet, Romanz nie, maar herinner plek-plek ook aan die ongeëwenaarde talent van legendes soos Gé Korsten en Josh Groban. Hoop & Bid slaag egter ten spyte van ’n gebrek aan voldoende oorspronklike materiaal nog steeds daarin om ’n klassieke stem binne ’n meer moderne musikale konteks te kan plaas. Johan se moderne benadering tot asook sy sielvolle vertolking van ’n groot verskeidenheid liedjies maak egter nietemin nog steeds ongetwyfeld van hom ’n opkomende kunstenaar om dop te hou.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.