Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Resensies

One Voice: One Voice

Leoné Prinsloo15 Julie 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Purple Orange Productions (2019)

[yasr_overall_rating]

One Voice se selfgetitelde debuutalbum wat onlangs uitgereik is, beloof om die plaaslike musiekmark te oorrompel met hulle unieke klank waardeur verskeie genres soos pop-, rock- en klassieke musiek tot ’n merkwaardige eindproduk saamgesnoer is. Kalinka Killian, Carla Strauss, Karma Coetzer en Janke Bester is die perfekte vokale pasmaats wat elkeen vanaf ’n baie jong ouderdom begin het om hulle passie vir musiek te ontgin en met ander te deel. Sedert dié vier talentvolle dames in 2018 besluit het om hul musiektalent te kombineer, het hulle reeds by verskeie skole, feeste, restaurante en funksies soos Hoërskool Eldoraigne, Lemon Jack-teater, Centurion-teater, Oppi Stoep, NG Rooihuiskraal en Platteland opgetree.

Die moderne album omslag-ontwerp deur Werner Prinsloo, waarop One Voice se vier lede in klassieke swart nommertjies verskyn, maak van verskeie swart, wit en grys teksture gebruik om aan hulle jeugdige, byderwetse voorkoms reg te kan laat geskied. Hulle unieke mengsel van genres word moontlik gemaak deur Evert van Niekerk op viool en Ettienne D. Lane op kitaar, wat ook die vervaardiging, verwerkings en finale meng van dié opwindende album behartig het. Dit bestaan uit nege lekkerluister-liedjies in Afrikaans sowel as Engels, waarvan die ses oorspronklike snitte met universele temas deur Lientjie Sothman geskryf is.

Die eerste oorspronklike enkelsnit, Droomplaneet, is ’n sorgvrye Afrikaanse popsnit met ’n polsende ritme, wat daardie gevoel beskryf wanneer jy op iemand verlief is en al sy/haar foute vergewe sodat jy saam met hom/haar na julle eie planeet kan wegbreek. Die tweede oorspronklike enkelsnit, Wake Up, is ’n energieke Engelse danssnit met ’n moderne klank wat luisteraars daaraan wil herinner om opnuut weer die mooi in die lewe raak te sien en daarin vreugde te vind. Ander potensiële treffers sluit in Ryk man, Sonder Jou, Liefdesrooi en You Don’t Own Me.

One Voice beskik oor die ongelooflike gawe om ’n bestaande treffer hulle eie te maak en te omskep in iets waaroor luisteraars gaande is, soos duidelik blyk uit die uitreiking van hulle enkelsnitte, Secret Love Song en Sucker. Die eersgenoemde treffer deur Little Mix vanaf haar album, Get Weird, dien as ’n vertoonvenster om elke groepslid se unieke karakter na vore te bring, asook die harmonie wat hulle kan vorm wanneer hul as een stem saamsing. Die laasgenoemde treffer deur die Jonas Brothers vanaf hulle album, Happiness Begins, stel dié groep natuurlik in staat om met hulle unieke verwerking daarvan die boodskap vanuit ’n vroulike perspektief te kan aanbied.

Dié jong en lewendige damesgroep met hul vars en unieke popklank wat plek-plek aan Little Mix, G.R.L., Fith Harmony en Shine 4 herinner, slaag ongetwyfeld daarin om iets uitsonderlik te skep in ’n musiekstyl wat soms neig om gewoon te wees. Met hulle oorspronklike musiek, sowel as indrukwekkende weergawes van reeds bestaande treffers, bewys dié musiek-evas dat hulle met van die grootste sterre in die wêreld kan meeding. One Voice se intelligente, smaakvolle en bekoorlike samestelling van liedjies, wat vanaf ’n opwaartse tempo met ’n spatsel rock tot sielvolle ballades wissel, sal beslis iets vir elke musieksmaak verseker.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.