Lizandra Winter en Joshua na die Reën het onlangs kragte saamgesnoer en die mooiste weergawe van die ou Christa Steyn treffer, Ek wil vir jou, opgeneem en vrygestel.
Nuus
Onthou byvoorbaat die naam Stèfan Bezuidenhout. Die 11-jarige van Pretoria gaan binnekort op almal se lippe wees, wanneer sy debuutalbum die winkelrakke tref.
Van 2007 sing hierdie 24-jarige tweeling van die Noord-Kaap, akoestiese weergawes van ou bekende gunstelinge uit verskeie genrés wat wissel van pop/rock en country, tot gospel, Afrikaans en enige iets tussen in.
Die nuweling, Emil Paul, se eerste enkelsnit wat Elke Noot, heet is onlangs vrygestel.
Geraldine Scholtz het geen bekendstelling meer nodig nie. Haar eerste enkelsnit, Sommer, ’n popliedjie uit die pen van die bekroonde skrywer Johan Oberholzer, is gedurende Augustus 2017 uitgereik.
Lefra Produksies kondig met trots aan dat hulle die mees suksevolle rock & roll musiekblyspel, Buddy – the Holly story, in Suid-Afrika gaan aanbied!
Die sanger, Vincent Gordon, se nuwe enkelsnit, Laat Die Dansvloer Stamp, is onlangs uitgereik en bied ’n interessante samevoeging van EDM-, Dans- en RAP-style.
Die spiertier sanger, Brendan Peyper, bederf sy aanhangers weer ’n keer.
Die polsende nuwe enkelsnit van Elizma Theron, Marilyn Monroe, is oorgehaal om vroue van oraloor tot stilstand te bring, deeglik in die spieël te laat kyk, die vonk binne hulself te laat herontdek en met hernude lewenslus die wêreld op sy kop te draai!
Die gewilde musiekgroep ADAM, wat onlangs hul splinternuwe album Sê My (Bewe) vrygestel het kry ’n splinternuwe lid by.