Lizandra Winter en Joshua na die Reën saam in konsert

Lizandra Winter en Joshua na die Reën het onlangs kragte saamgesnoer en die mooiste weergawe van die ou Christa Steyn treffer, Ek wil vir jou, opgeneem en vrygestel. Daar was lanklaas ’n verwerking van ’n ou treffer wat so opreg, suiwer en beeldskoon opgeneem is soos nou.

Hierdie twee uiters talentvolle kunstenaars bied nou ook ’n konsert saam aan waar hulle afsonderlik, maar ook saam sal optree op 10 April 2018.  Ek wil vir jou sal beslis ook uitgevoer word op die aand.

KYK DIE MUSIEKVIDEO HIER

Lizandra en die alombekende Joshua na die Reën kom al ’n lang pad.  Lizandra het voor sy haar selfgetitelde solo album gedurende 2017 uitgereik het, gereeld saam met hom opgetree. Hulle het ’n hegte vriendskap en hulle stemme komplimenteer mekaar op ’n merkwaardige wyse.

KLIK HIER OM DIE GELEENTHEID TE DAGBOEK

Die vertoning vind plaas op Dinsdag, 10 April 2018 by Laughing Chefs, Golden Mole Nature Estate, Plot 274 Graham Road, Lynwood Road Extension, Tiegerpoort, Pretoria.

Vir besprekings kontak Maggie by 082 823 7846 of bespreek by www.tixsa.co.za / www.laughingchefs.co.za