Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Emil Paul se eerste snit tref ‘elke noot’
Nuus

Emil Paul se eerste snit tref ‘elke noot’

Redaksiespan5 April 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Emil Paul se eerste snit is onlangs vrygestel. FOTO: Verskaf

 

Die nuweling, Emil Paul, se eerste enkelsnit wat Elke Noot, heet is onlangs vrygestel. Die genre van die snit kan beskryf word as ’n mengsel van pop en folk en is ’n nuwe, vars styl van Afrikaanse musiek.

Emil hoop dat mense sommer van die eerste noot sal wil dans. Hy hoop ook dat hulle die dieper betekenis sal hoor in sy lirieke en dat dit iets vir iemand sal beteken. Hopelik put hul sommer inspirasie uit die lirieke wat geskryf is deur Emil self.

Nie net skryf Emil graag sy eie liedjies nie, maar hy lewer ook insae in die vervaardiging daarvan. Hy is ook ’n kranige musikant in eie reg en bespeel ’n groot verskeidenheid instrumente o.a. klavier, ukulele, verskeie blokfluite, piccolo, trompet en kitaar.

Emil hoop dat die publiek sy enkelsnit gunstig sal ontvang. “Dit het ’n lekker klank en maak mens sommer lus om te sokkie, maar dit vertel terselfdertyd ’n storie waarmee mense heel moontlik kan identifiseer,” sê hy.

Volgens Emil soek mense soms antwoorde in die lirieke van liedjies, en met Elke Noot hoop hy mense sal weer glo aan die liefde. Hy vertel dat dié liedjie baie vir hom beteken omdat hy self gesukkel het met die konsep van vertroue in ’n verhouding nadat hy seergekry het.

Luister na die snit hier:

“Mens vergelyk maar nog steeds die nuwe persoon met ’n vorige liefde. Met dié liedjie het ek besluit het dat ek weer iemand nuuts wíl vertrou en ook ander mense laat glo dat daar iemand vir almal daar buite is wat by hulle sal staan, selfs al ‘val die hemel om’ hulle, soos die enkelsnit lui.”

Die musiekvideo vir die snit is geskiet by Rosemary Hill, net buite Pretoria en word saam met die enkelsnit vrygestel. Emil wou nie net ’n gewone musiekvideo met ’n storielyn hê nie. Nee, hy wou iets eenvoudig waar daar iets moois is om na te kyk terwyl die lirieke die storie vertel.

Dit is vervaardig deur die uitstekende Luther van der Watt van AVC Studios. “Die musiekvideo gaan oor ’n meisie wat die trail van note volg wat deur Emil en sy ukulele gelos word vir haar om te vind. Dit bewys die hele idee van liefde wat blind is omdat sy betower word deur die note en musiek. Sy wil dit volg, alhoewel sy nog nie eers weet hoe die persoon lyk wat die note vir haar daar los, of wie hy is nie,” vertel Luther.

Kyk die musiekvideo hier:

Oor die toekoms is Emil baie opgewonde en sê sy planne is musiek. “Ek wil net musiek skryf en opneem en myself omring met mense wat dieselfde drome as ek het,” vertel hy.

Hy beplan om lekker dansmusiek maar ook liedjies met dieper betekenis in te sluit op die album. Hy hoop dat mense goed voel wanneer hulle hierna luister. “Musiek het my al deur baie gehelp in my lewe en as ek deur een van my songs daai ook kan beteken vir iemand anders se lewe, het ek gedoen waarvoor ek hier op aarde geplaas is.”

Die musiek wat hy skryf hang grotendeels af waardeur hy gaan tydens die tyd van sy lewe, so sy musiekstyl is afhangend van sy emosies. Hy geniet dit ook om soms net by die klavier te sit en in harmonie te sing wat op sy hart lê.

Emil vertel dat solank as wat hy kan onthou, is hy versot op musiek. Op 7-jarige ouderdom het hy begin klavierlesse neem en in kore gesing. “Die hoogtepunt tot dusver was toe ek in myself begin glo het as solokunstenaar en nie net as iemand wat in die agtergrond begelei nie. Omdat ek soveel jare net in kore gesing het, het ek eers in myself begin glo toe iemand in my begin glo het. Dus het my sololoopbaan eers sowat twee jaar gelede afgeskop.”

Hy studeer in tussen ook vir ’n BMus graad by die Universiteit van Pretoria en daarna gaan hy sy honneurs in Musiek tegnologie doen.

“Toe ek begin solo sing het, het dit my gemotiveer om een van my liedjies op te neem en vry te stel as ’n enkelsnit en dis waar ek my tans bevind!”

Tussendeur sy sololoopbaan en studies, skryf ek ook aan nog liedjies wat in die toekoms vrygestel gaan word. “Ek is maar ’n late bloomer, maar dit gaan my beslis nie keer nie! Ek leef elke dag my droom.”

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.