Ná ’n ongelooflike eerste seisoen, duisende inskrywings en ’n wenner wat die musiekindustrie gestormloop het, is Die Kontrak uiteindelik terug. Hierdie keer met ’n paar nuwe gesigte.
Die Kontrak
Ná ’n ongelooflike eerste seisoen, duisende inskrywings en ’n wenner wat die musiekindustrie gestormloop het, is Die Kontrak, na talle versoeke van die publiek, uiteindelik terug en dié keer sal dit deur almal op die gratis televisisiekanaal, eTV, geniet kan word.
Die Kontrak, VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se gewilde werklikheidreeks, is onglangs vir ’n gesogte Suid-Afrikaanse rolprent- en televisieprys (SAFTA) in die kategorie, Beste musiekprogram benoem.
Alhoewel VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se werklikheidreeks, Die Kontrak, tot ’n einde gekom het, kan aanhangers van dié reeks vyf van die deelnemers vir oulaas weer saam op die verhoog sien.
Op 23 November 2018 het die kaalvoet-meisie van Durbanville, Demi Lee Moore, se lewe handomkeer verander toe sy as die wenner van VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se werklikheidreeks tydens die Afrikaans is Groot-megakonsert aangewys is.
Die wenner van VIA (DStv-kanaal 147) se musiektalentkompetisie Die Kontrak is amptelik op Vrydag 23 November by die eerste Afrikaans is Groot-megakonsert van 2018 by die Sun Arena, Pretoria aangekondig.
Die wenner van VIA (DStv-kanaal 147) se musiektalentkompetisie Die Kontrak sal amptelik op Vrydag 23 November by die eerste Afrikaans is Groot-megakonsert van 2018 by die Sun Arena, Pretoria aangekondig word.
Hier is vyf pret ooreenkomste wat jy dalk nie van Ivan Roux en Demi Lee Moore geweet het nie.
Dis uiteindelik die musikante Ivan Roux en Demi-Lee Moore wat dit sal uitveg vir ’n gesogte Coleske Artists platekontrak en ’n plek op die Afrikaans is Groot-verhoog.
Die jongste deelnemer van VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se werklikheidsreeks, Die Kontrak, die 16-jarige leerder en sangonderwyser van die Strand, Deidré Barnard, het vanaand die kompetisie gegroet.