Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Die Kontrak

Die Kontrak 2: Ontmoet die aanbieders

Redaksiespan20 April 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Ná ’n ongelooflike eerste seisoen, duisende inskrywings en ’n wenner wat die musiekindustrie gestormloop het, is Die Kontrak uiteindelik terug. Hierdie keer met ’n paar nuwe gesigte…

Vanjaar sal dié gesogte werklikheidreeks gratis op eTV gekyk kan word. 

LEES OOK: Die Kontrak binnekort terug op ’n nuwe TV-kanaal

Die doel van Die Kontrak is om aspirant kunstenaars in die Afrikaanse musiekindustrie te ontwikkel en vir hulle die platform te skep om ’n superster te word. “Met die dat Die Kontrak nou ook op eTV uitgesaai gaan word kan enige iemand met ’n televisie hierdie pad saam met ons stap,” meen Barry Pretorius, een van die kenners op dié program en bekroonde regisseur van Afrikaans is Groot.

Soos met die eerste reeks sal daar weer vier mentors wees wat hul eie deelnemers vanuit die hoopvolle inskrywings kies. Die mentors sal elkeen met ses deelnemers afskop waarvan slegs twee deelnemers deel van die top 8-groep sal vorm.

Die nuwe mentors sal in die laaste week van April op sosiale media aangekondig word. Barry Pretorius, Corlea en Theuns Jordaan sal weer die gesoute kenners van die kompetisie wees.

Die gewilde sanger Bobby van Jaarsveld is vanjaar terug as een van die aanbieders van die tweede seisoen. Hy sal saam met twee nuwe gesigte die kompetisie aanbied. 

Die eerste gesig wat by Bobby as mede-aanbieder aansluit is Demi Lee Moore, die wenner van die eerste seisoen in 2018. Demi Lee het die musiekbedryf met haar talent en stem betower en winkels kon nie voorbly met voorraad van haar album Mis eet slaap herhaal. 

“Die Kontrak het vir my soveel deure oopgemaak en dit is alles te danke aan die geloof wat Arnold Coleske en sy ongelooflike span in my gehad het. Elke kunstenaar met ’n groot droom, wat bereid is om hard te werk, moet vir hierdie kompetisie inskryf,” het Demi Lee gesê.

LEES OOK: Demi Lee Moore: ‘Die Kontrak het my drome waar gemaak’

“Dit is ’n nuwe uitdaging en nog altyd iets wat ek wou doen! Ek was self in die posisie van elke sanger wat gaan inskryf, ek weet waardeur hulle gaan, hoe hulle voel en ek glo dit sal hulle ook gemakliker maak in die hele proses.” 

Bobby en Demi Lee is egter nie die enigste aanbieders nie, want vanjaar is daar drie aanbieders. Die televisie-persoonlikheid en aktrise Pulane Sekepe maak ook deel uit van die program se aanbieding trio. Pulane is geen vreemdeling op die klein- en silwerskerm nie. Sy was al te sien in verskeie plaaslike teaterproduksies en kykers sal haar veral herken vir haar rol as Cecelia in die kykNET-komedie, Die Kasteel en as aanbieder van programme soos Kom Ons Trou Nou en Naweek.

“Ek sien uit om saam met die room van Afrikaanse musiek te werk. Om by hulle almal te leer en om deel te wees van die Die Kontrak-familie,” het Pulane gesê.

Pulane meen dat dit moeilik is om in die vermaaklikheidsindustrie ’n naam te maak. “Dit is amazing dat daar programme soos Die Kontrak is waar nuwe talent raakgesien kan word.”

Bobby verwelkom dié nuwe bloed met ope arme: “Dit is goed vir só ’n produksie, asook vir myself. Ek sien uit om vir Pulane te ontmoet en ek glo dat ons groot pelle gaan raak.”

Inskrywings vir Die Kontrak 2020 open op 1 Mei en ook hier wag ’n paar hase in die hoed wat binnekort op Die Kontrak se sosiale media bekend gemaak sal word.

Die wenner van Die Kontrak stap weg as ’n kunstenaar van die gesogte platemaatskappy, Coleske Artists, wat verantwoordelik is vir die loopbane van die land se grootste kunstenaars. 

Gesels gerus saam op sosiale media deur gebruik te maak van die hutsmerk #DieKontrak2 of #WenDieKontrak. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Die Kontrak 3: Hier is die top-24!
Die Kontrak 3: Inskrywings is nóú oop!
‘Die Kontrak’ se Deidré reik debuut-enkelsnit uit
Die Kontrak 2: Hier is die top-26!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.