Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Riaan Benadé terug met kragtige nuwe enkelsnit ‘Kattebak’
Nuus

Riaan Benadé terug met kragtige nuwe enkelsnit ‘Kattebak’

Redaksiespan6 Maart 2026
FOTO: Hendri Fourie
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Riaan Benadé is terug in die kollig met sy splinternuwe enkelsnit, “Kattebak” – ’n liedjie wat reeds voor sy debuutalbum, “Spontaan”, begin vorm aanneem het. Dié liedjie is oorspronklik deur Riaan en Georic Lomas geskryf, met die verse wat reeds voor die vrystelling van “Spontaan” ontstaan het.

“Ek het die verse al voor my eerste album geskryf en toe maak ons die liedjie klaar so twee jaar terug,” vertel Riaan.

“Kattebak” delf diep in die uitdagings van ’n verhouding wat deur moeilike tye gaan. Tog dra die liedjie ’n boodskap van hoop. “Die doel van die liedjie is om iemand te herinner dat hulle al beter tye gehad het. En al gaan dit nie nou goed nie, sal dit beter raak as die paartjie kyk na wat hulle al deur is,” verduidelik hy.

Aan die klankfront wys Riaan ’n nuwe, groter dimensie. “Ek is baie opgewonde oor ‘Kattebak’ se klank. Dis so ’n bietjie groter klank as wat ‘Spontaan’ was,” sê hy. Met ’n subtiele danselement verweef in die produksie, beloof dié liedjie ook om gehore aan die beweeg te kry. “Mense gaan baie lekker op hierdie liedjie kan dans,” voeg hy by. “Ek dink as jy gehou het van my vorige musiek, gaan jy baie hou van hierdie liedjie.”

Die musiekvideo vir “Kattebak” spog met die talent van Kate Roothman, bekend vir haar rol in die gewilde kykNET-sepie Binnelanders. Kate het voorheen ook ’n verskyning gemaak in Riaan se “Gooi My Nog ’n Whiskey”-musiekvideo. “Dit was so lekker om haar weer in ’n musiekvideo te hê. Sy is ’n ongelooflike aktrise,” sê Riaan.

Die video is op verskeie plekke in Pretoria verfilm deur Eric T Graham en Tehan Buys. Die span het reeds vroegoggend begin skiet. “Ons was al half vier die oggend op stel gewees, en dan het ons die aand verder verfilm,” onthou Riaan.

’n Besonderse hoogtepunt in die video is ’n ikoniese BMW 325, wat deur sy vriend Corbêr Viljoen beskikbaar gestel is vir die opname. “Dit was so snaaks. Ons moes ekstra sekuriteit reël vir die kar omdat dit so ’n gewilde kar is om mee rond te ry,” lag hy.

Met “Kattebak” bevestig Riaan Benadé weer eens sy vermoë om eerlike stories met kommersiële aantrekkingskrag te kombineer – ’n liedjie wat nie net die hart raak nie, maar ook die voete laat beweeg.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.