Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Die Kontrak»Die Kontrak binnekort terug op ’n nuwe TV-kanaal
Die Kontrak

Die Kontrak binnekort terug op ’n nuwe TV-kanaal

Redaksiespan13 Maart 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ná ’n ongelooflike eerste seisoen, duisende inskrywings en ’n wenner wat die musiekindustrie gestormloop het, is Die Kontrak, na talle versoeke van die publiek, uiteindelik terug en dié keer sal dit deur almal op die gratis televisisiekanaal, eTV, geniet kan word. 

BLY OP HOOGTE VAN DIE KONTRAK HIER

“Ons wil graag hê dat almal Die Kontrak moet kan volg en deel wees van al die aksie tydens dié realiteitsangkompetisie,” het Barry Pretorius, een van die kenners van dié program en bekroonde regisseur van Afrikaans is Groot, vertel. “Na deeglike oorweging het ons as Coleske Artists dus besef eTV sal die perfekte medium wees om die nuwe seisoen van Die Kontrak uit te saai,” het hy verduidelik.

Inskrywings vir Die Kontrak 2020 open reeds op 1 Mei en ook hier wag ’n paar hase in die hoed wat binnekort op Die Kontrak se sosiale media bekend gemaak sal word.

Die wenner van Die Kontrak stap weg as ’n kunstenaar van die gesogte platemaatskappy, Coleske Artists Management, wat verantwoordelik is vir die loopbane van die land se grootste kunstenaars.

Demi Lee Moore, wenner van die eerste reeks in 2018, het die musiekbedryf met haar talent en stem betower en winkels kon nie voorbly met voorraad van haar eerste album, Mis Eet Slaap Herhaal nie. Dié album het binne tien dae na vrystelling goue status behaal nadat sy by die gewilde Afrikaans is Groot-konserte as wenner van Die Kontrak aangekondig is. Haar tweede album, Country, het onlangs die rakke getref en ook dié spog reeds met goue status. 

“Die Kontrak het vir my soveel deure oopgemaak en dit is alles te danke aan die geloof wat Arnold Coleske en sy ongelooflike span in my gehad het. Elke kunstenaar met ’n groot droom, wat bereid is om hard te werk, moet vir hierdie kompetisie inskryf,” het Demi Lee gesê.

Soos met die eerste reeks sal daar weer vier mentors wees wat hul eie deelnemers vanuit die hoopvolle inskrywings kies. Die mentors sal elkeen metses deelnemers afskop waarvan slegs twee deelnemers deel van die top 8-groep sal vorm. Elkeen van die top 8-finaliste skop dan hul reis met ’n kontak van Coleske Artists af, maar met elke program wat volg word een deelnemer se kontrak deur die grootbaas, Arnold Coleske, opgeskeur.

Kykers kan solank uitsien na die nuwe mentors wat in April 2020 aangekondig sal word.

“Die doel van Die Kontrak is om aspirant kunstenaars in die Afrikaanse musiekindustrie te ontwikkel en vir hulle die platform te skep om ’n superster te word. Met dié wat Die Kontrak ook nou op eTV uitgesaai gaan word kan enige iemand met ’n televisie hierdie pad saam met ons stap,” het Barry Pretorius verder vertel.

Die tweede seisoen van Die Kontrak se eerste episode word op Saterdag, 29 Augustus 2020 op eTV uitgesaai met ’n herhaling op eEkstra wat sal volg. Die wenner van die tweede seisoen vanDie Kontrak sal weer tydens die Afrikaans is Groot-konsertreeks, wat tussen 20 tot 29 November 2020 in Pretoria plaasvind, aangekondig word. Kaartjieverkope vir dié konserte open op Dinsdag, 28 April om 09:00 by Computicket en die publiek word gewaarsku teen derde partye wat kaartjies te koop aanbied.

Kyk hier na ’n voorskou:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Die Kontrak 3: Hier is die top-24!
Die Kontrak 3: Inskrywings is nóú oop!
‘Die Kontrak’ se Deidré reik debuut-enkelsnit uit
Die Kontrak 2: Hier is die top-26!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.