Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Die Kontrak»Demi Lee Moore: ‘Die Kontrak het my drome waar gemaak’
Die Kontrak

Demi Lee Moore: ‘Die Kontrak het my drome waar gemaak’

Redaksiespan3 Desember 2018
Demi Lee in aksie op Afrikaans is Groot. FOTO: Albert Bredenhann - Pixel Pro Photography
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Op 23 November 2018 het die kaalvoet-meisie van Durbanville, Demi Lee Moore, se lewe handomkeer verander toe sy as die wenner van VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se werklikheidreeks tydens die Afrikaans is Groot-megakonsert aangewys is.

Ons het met haar gaan gesels oor die wenoomblik, haar toekomsplanne en haar boodskap aan al haar ondersteuners.

LEES OOK: Die Kontrak: En die wenner is…

Hoe het jy gevoel toe jy uitvind jy is die wenner van Die Kontrak? Beskryf die gevoel op die AiG-verhoog.

Toe ek op daai oomblik uitgevind het dat ek die wenner is, kon ek dit nie proseseer nie. Ek het net daar gestaan. Ek wou begin huil, maar ek sê toe vir myself: “Ek kan nie nou huil nie. Ek moet nou opgaan.” Alles het net so vinnig gebeur. Ek het nie eers vir my mentor, Monique Steyn, ’n drukkie gegee nie want die mic was in my hand en almal sê, “Go!” Net voor ek my heel laaste woord gesing het – dis toe ek dit ingeneem het – en ek het teruggedink aan toe ek onder in my ma se huis gesing het. Ek het myself altyd voor skare sien sing. Ek het perform asof ek voor skare is. Op daai oomblik het ek net daaraan gedink, toe ek opkyk en sien hoe daai 9 000 mense na my kyk. Dís toe ek begin huil. Toe neem ek alles in. Niks in my lewe gaan daai gevoel kan beat nie. Ek dink dit was die beste oomblik van lewe. Ek was oorweldig met al die liefde.

Herleef die wenoomblik hier:

Wat lê nou vir jou voor?

Optredes. Ek is so opgewonde om my eie musiek te begin sing en ek hoef nie meer vir drie ure covers sing nie. Ek wil net my album vat en dit wyd en syd versprei. Ek wil hê almal moet my leer ken deur my musiek. Om dít met mense te kan deel is ’n absolute eer. Dit is nog altyd my grootste droom om my eie musiek uit te bring. Die Kontrak het dié droom help waar word: Dit het ons gehelp om onsself te vind as kunstenaars.

Demi Lee se album, Mis Eet Slaap Herhaal, het binne net twee weke goue status bereik. FOTO: @AfrIsGroot Twitter

Watter boodskap het jy vir jou ondersteuners wat jou deur die kompetisie ondersteun het?

Dankie! Daar is nie ’n woord om my dankbaarheid te beskryf nie. Ek voel oorweldig met almal se liefde en ondersteuning. Dis ongelooflik. Ek sou nie hier gewees het as dit nie vir elke persoon was, elke like, elke share, elke boodskappie wat mense vir my gestuur het nie. Uit my hart uit: Dankie, want daai het my gedra en ’n kalmte in my gesit.

Het jy enige raad vir diegene wat ook aan soortgelyke kompetisies wil deelneem?

Doen dit! Ek het ingestap met die idee dat ek net my beste kan gee: As ek my beste gee en ek sit alles in en ek werk regtig hard en ek weet vir ’n feit ek het alles moontlik ingesit dan is dit nie in my hande nie. Wat gebeur, gebeur. Ek dink dis hoekom ek ’n kalmte in my gehad het: Want ek het gevoel dit was nie in my hande nie. Dit was in die Here se hande. As hy wou gehad het ek moes wen, sou ek wen. Ek dink die voorbereiding is die belangrikste ding vir só kompetisie. Ek het voor die tyd presies geweet wat ek wil doen en hoe ek dit gaan aanpak. Ek het seker gemaak ek is gesond en ek doen alles wat ek moet om op die regte pad te bly.

Kyk Demi Lee se musiekvideo vir Mis Eet Slaap Herhaal hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Die Kontrak 3: Hier is die top-24!
Die Kontrak 3: Inskrywings is nóú oop!
‘Die Kontrak’ se Deidré reik debuut-enkelsnit uit
Die Kontrak 2: Hier is die top-26!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.