Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
DorpToe

Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

Redaksiespan5 Maart 2025
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Universal Musiek het pas ’n splinternuwe feesreeks bekendgestel wat die beste Afrikaanse musiek, kos en vermaak na gemeenskappe regoor die land bring! Hierdie opwindende fees, genaamd DorpToe, word in samewerking met 100% Afrikaans aangebied en beloof om ’n onvergeetlike ervaring vir feesgangers te skep.

Die missie van DorpToe is eenvoudig: “Om die ware feesgees na dorpe te bring en vir mense die kans te gee om hul gunsteling kunstenaars te beleef. In baie kleiner gemeenskappe is daar nie altyd toegang tot die land se topkunstenaars nie – en ons gaan dit verander,” sê Leozelle Bekker, Afrikaanse platemaatskappy bestuurder by Universal Musiek.

Hierdie unieke feesreeks beloof van die grootste name in Afrikaanse musiek, heerlike kos, komedie en verrassings wat feesgangers sal laat skater. Verder word plaaslike diensverskaffers ondersteun om gemeenskappe te bemagtig en ekonomies te versterk.

Die eerste DorpToe-fees vind plaas op 16 en 17 Mei 2025 by Heartland Equestrian Estate in Brits. Dit gaan ‘n tweedaagse musiekfees wees met ‘n indrukwekkende lys kunstenaars wat optree:

Vrydag, 16 Mei vanaf 17:00 sal Demarie, Bibi, Pieter Smith, Ivan Roux, Appel, Early B en Justin Vega op die verhoog te sien wees.

Saterdag, 17 Mei vanaf 11:00 sal Sonder Onderbroeke, Demarie, Anzelle, Jemma Catherine, Fran Prins, Marno van der Merwe, JAN JAN JAN, Demi Lee Moore, Fatman, Lianie May, Jay, Bok van Blerk en DJ Sensasie op die verhoog wees. 

Kaartjies vir hierdie nie-te-mis fees is nou aanlyn beskikbaar op Open Tickets. Maak seker jy bespreek jou plek vroegtydig om deel te wees van hierdie ongelooflike ervaring!

DorpToe is hier om ’n musiek- en vermaakfees na elke dorp te bring – mis dit nie!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.