Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Francois van Coke & Vriende

Maak gereed vir die beste aand: Francois van Coke & Vriende is terug!

Redaksiespan3 Junie 2025
FOTO: Gabriela Marais
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Suid-Afrika se grootste arena-rockvertoning, Francois van Coke & Vriende, keer op Vrydag, 3 Oktober 2025 vir die sesde keer terug na die ikoniese SunBet Arena in Pretoria – en hierdie keer is die belofte duidelik: dis gaan die grootste een nóg wees.

“Sedert 2018 het julle elke jaar opgedaag om hierdie massiewe rock show ’n werklikheid te maak. Dit is iets spesiaal wat ons almal saam geskep het. Dankie vir dit! Is julle reg vir die beste aand van 2025?,” het Francois gesê.

Wat hierdie vertoning anders maak as enige ander rockkonsert, is dat Francois aktief saam met elke kunstenaar op die verhoog musiek geskryf en vrygestel het. Dis persoonlik. Dis eg. Dis ’n familie.

En soos Hunter Kennedy dit beskryf:

Dis soos om ’n mullet te hê – party in the front, party in the back!

Hierdie jaar se vriende kombineer nuwe verrassings met legendariese terugkomste:

  • Booshle G – Die enigste kunstenaar waarmee Francois nóg nie saamgewerk het nie. Sy treffer “Take Me Home” het landwyd opslae gemaak, en dis net ’n kwessie van tyd voor hulle ook saamwerk.
  • Ryno Velvet – Francois en Ryno se “Aande” is die grootste snit van “Die Ruimte”, en sal hierdie jaar lewendig opgevoer word.
  • Zaan Sonnekus – Die Prins van Pretoria is terug met sy rou sielvolle rock.
  • Van Pletzen – Francois en Van Pletzen se 6-minuut anthem “Kakmal” is terug. Peach noem dit “die naaste aan ‘Bohemian Rhapsody’ wat ons nog gemaak het.”\
  • Spoegwolf – Die tradisionele “Dagdrome in Suburbia”-finale is weer deel van die aand. Magies.
  • Karen Zoid – ’n Paar wat geskiedenis gemaak het, keer terug vir nóg ’n ikoniese oomblik.
  • Jack Parow – “Dis soos ’n family reunion!” sê hy. En ons stem saam.
  • Fokofpolisiekar – “Ons word geforseer om deel te wees… want Frannie is ons voorsanger!” sê hulle tong-in-die-kies.]
  • Die Heuwels Fantasties – “All killer, no filler,” sê Pierre Greeff. “Miskien die lekkerste show waaraan ons al deelgeneem het.”
  • Tasché – “Elke jaar dink ek dit kan nie beter word nie… en dan word dit wéér oortref!”
  • Hunter Kennedy – Hy bring iets nuuts: ’n splinternuwe Engelse liedjie, net vir hierdie aand.

’n Splinternuwe geanimeerde musiekvideo vir “DSK” (Dominee se Kind) – een van Francois se gunsteling snitte op “Die Ruimte” – is nou op YouTube beskikbaar.

LEES OOK: Francois van Coke se reis deur misterie en oneindige moontlikhede op ‘Die Ruimte’

Dié video is geskep deur derdejaar-studente van die Stellenbosch Academy of Design & Photography, en die wenner, Illandré Viljoen, is deur Francois self gekies na ’n aanlyn stemproses.

“Ek was dadelik mal oor die storielyn, die kleure, die fight sequence… haar gevoel vir die musiek is fantasties,” sê Francois.

Kyk die video hier:

Elke element van Francois van Coke & Vriende is doelbewus, met passie en persoonlikheid geskep – nie net vir die aanhangers nie, maar sáám met hulle.

“As hierdie show só lekker is vir ons, dink net hoe lekker dit vir julle gaan wees.” – Francois van Coke

Vrydag, 3 Oktober 2025
SunBet Arena, Time Square, Pretoria
20:00

Kry jou kaartjies nou: https://bit.ly/FvCenVriende2025

Francois van Coke & Vriende 2025 word moontlik gemaak deur AMP Events, in vennootskap met Castle Lite, Chery, Jacaranda FM 94.2 en Lift.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.