Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»In Afrikaans»Jo Black deel goeie nuus
In Afrikaans

Jo Black deel goeie nuus

Redaksiespan6 Desember 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Kersfees het vroeg gekom hierdie jaar vir Jo Black! Ná die weghol sukses van sy multi bekroonde, dubbel platinum debuut-album Skepe, is sy splinternuwe album Voel Jy Die Genade gefinaliseer. Jo het sopas op sy Facebook-blad aangekondig dat hy dié enkelsnit eksklusief by die tweede In Afrikaans Hartenbos-konsertreeks sal bekendstel.

In Afrikaans Hartenbos vind plaas by die ATKV Amfiteater Hartenbos op 22, 24, 28 en 29 Desember 2018 en vakansiegangers kan uitsien na veel meer as net ’n gewone wegbreek.  Belangstellendes moet beslis nou al hulle plekke bespreek om hierdie besonderse konsertreeks wat topgehalte produksies insluit by te woon. Dit is vervaardigde konserte met kreatiewe insae van onder andere Johan Vorster, Matthys Maree, Carien Laubser en baie ander groot name in die bedryf, tesame met ’n lewendige orkes en dit gaan ’n onvergeetlike ervaring wees!

Hierdie konsertreeks gaan oor die treffers wat die publiek wil hoor en na die wegholsukses van die eerste konsertreeks, wat deur nie minder nie as 30 000 feesgangers bygewoon is in 2017, en waartydens die gala-geleentheid se kaartjies reeds vooruit uitverkoop was, het die span by Inhoud Huis Musiek nie ’n ander keuse gehad as om ’n opvolgreeks te reël en dit moontlik ’n jaarlikse instelling te maak nie.

Vanjaar se konsertreeks sal iets bied vir elke musieksmaak en -voorkeur, of jy nou hou van langarm of meer ernstige akoestiese verwerkings. Van die land se grootste kunstenaars, waaronder Jo Black, Steve Hofmeyr, Robbie Wessels, Karen Zoid, Leah, Theuns Jordaan, Riana Nel, Snotkop, Appel, Roan Ash, Douvoordag, Jan de Wet, Juan Boucher, Early B, Jan Bloukaas en vele meer sal op die verhoog te sien wees.

’n Ander hoogtepunt tydens die konsertreeks is Robbie Wessels se nuutste liedjie, Bobjan, wat die gehoor gaande gaan hê en gedurende die laaste twee dae van die konsertreeks, sal die indrukwekkende treffer – Die Gelofte – ook vir die eerste keer opgevoer word. Dié lied, wat deur Johan Vorster en Christoph Kotzé getoonset is, gaan oor die gebed en eed wat in 1838 deur ons voorgeslagte afgelê is en beloof om hoendervleismooi oomblikke op die verhoog tot gevolg te hê.

Buiten die musiek, sal daar ook verskeie kos- en drankstalletjies en ander uitstallers wees, sodat niemand uitgelaat voel nie.

Toegangskaartjies vlieg vinnig, so om teleurstelling te voorkom kry jou kaartjies nou by iTickets. Indien beskikbaar, kan kaartjies ook by die hekke gekoop word op die onderskeie dae vanaf 15:00.

Feeshekke sal op konsertdae om 17:00 oopmaak. Kaartjies sal ook vanaf 15 Desember by die Skoffelskuursaal te koop wees.

Die program vir die vier konsertdae, lyk so:

SKREE IN AFRIKAANS:

Op 22 Desember sal Steve Hofmeyr gehore vanaf 19:30 vermaak met sy SKREE-ekstravaganza wat ook liedjies vanaf sy nuutste The Country Collection album sal insluit saam met lewendige musikante en Demi-Lee Moore, wenner van Die Kontrak, sal as gaskunstenaar optree.

KERSFEES IN AFRIKAANS:

Jan de Wet, Douvoordag en Roan Ash sal die Kersgees op 24 Desember afskop om 20:00 met Kersliedere by kerslig. Fondse en donasies word ook tydens hierdie geleentheid ingesamel vir Hartenbos Bejaardesorg.

HARTENBOS IN AFRIKAANS:

28 en 29 Desember is die twee gala-konsertaande waartydens van die bekendste Suid-Afrikaanse musikante, soos Theuns Jordaan, Leah, Jo Black, Snotkop, Karen Zoid, Robbie Wessels, Kurt Darren, Liezel Pieters, Appel, Jan Bloukaas, Riana Nel, Elvis Blue, Early B en meer dié vakansieoord se gehore vanaf 19:30 sal vermaak.

Die In Afrikaans Hartenbos-konsertreeks is vir elke plesierige feesganger, wat hou van goeie musiek in hulle Moedertaal, asook ’n lekker kuier en is die perfekte manier om die jaar mee af te sluit.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hartenbos In Afrikaans’ so te sê uitverkoop!
Hartenbos hou wéér konsert ‘in Afrikaans’!
Hartenbos in Afrikaans: ‘Die hart van Afrikaans’
Kersfees in Afrikaans: Kersliedere onder Hartenbos se sterre

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.