Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Afrisaam Fees

Caroline Grace: ‘Afrisaam is ’n droom wat waar geword het’

Redaksiespan3 Junie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Met haar fluweel stem gaan Caroline Grace vanjaar se Afrisaam Fees-feesgangers bekoor met van haar gewildste treffers.

Ons het gaan inloer om te hoor waarna sy die meeste uitsien.

LEES OOK: Afrisaam Fees vier vanjaar weer Afrikaans

Hoeveelste keer is dit vir jou by die Afrisaam Fees?

Dis my heel eerste keer by die Afrisaam Fees.

Wat beteken die Afrisaam Fees vir jou?

Ek het laas jaar net gedroom om by die Afrisaam Fees te kan sing! Nou is dit definitief ’n droom wat waar geword het.

Wat beteken Afrikaans vir jou?

Afrikaans beteken vir my trots, oorwinning en hoop.

Waarom dink jy is dit belangrik om feeste in Afrikaans te hê?

Dis uiters belangrik, dis deel van ons kultuur en passie, dis waar ons nog voel ons behoort, dis tradisie, dis wat ons ken, waar ons net kan wees! Wat sal ons sonder pannekoek, sosaties, biltong en boereworsrolletjies op die ritme van Kaptein span die seile maak? Dis ons kunstenaars se behoud, dis by feeste waar ons persoonlik met ons ondersteuners kan kontak maak en die geleentheid kry om ons droom uit te leef.

Waarna kan feesgangers uitsien wanneer jy op die verhoog is?

Iets van als! Ek is mal oor die verhoog en gee 100% van begin tot einde! Liedjies vanaf my album Eindelose Liefde, bekende treffers en dalk iets van ’n bekende film. Hopelik kan ek ’n paar harte bekoor.

Noem drie moet hê items vir ’n fees.

Wet wipes, gemaklike skoene en kontant.

Het jy enige boodskap aan diegene wat nog nie kaartjies gekoop het nie?

Mens leef net eenkeer! Koop daai kaartjie, vergeet van jou dieet en enige sorge, skop jou skoene uit en kom dans in Afrikaans saam met ons!

Die fees word vanjaar op 8 Junie 2019 op die gronde van die Old Boys Soccer Club aangebied.

Die Afrisaam Fees word aangebied met The Marketing Zoo as bemarkingsvennoot en Afrikaanse Musieknuus as aanlyn mediavennoot.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Afrisaam Fees 2019: Hier’s alles wat jy moet weet!
Bobby van Jaarsveld: ‘Feeste vier ons taal deur musiek’
Afrisaam Fees gee vanjaar terug aan ons viervoetige vriende
Afrisaam Fees vier vanjaar weer Afrikaans

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.