Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Afrisaam Fees»Afrisaam Fees 2018: Groter as groot!
Afrisaam Fees

Afrisaam Fees 2018: Groter as groot!

Redaksiespan6 April 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Vanjaar se Afrisaam Fees vind plaas op 8 en 9 Junie 2018 by Fabu Leux trou sentrum, op Springs, en die organiseerders beloof ’n groter as groot fees!

8 Junie open die hekke om 17:00 en Ricky Faber, Kurt Darren, Juanita du Plessis, Arno Jordaan, en Dirk van der Westhuizen as seremoniemeester skop die fees af.

Op 9 Junie open die hekke om 9:00 die oggend. Daar is vanjaar drie verhoë. In die biertent van 10:00 tot 13:00 gaan opkomende kunstenaars feesgangers vermaak, terwyl die wat nie so bekend is op die oop verhoog tussen die stalletjies van 10:00 tot 17:00 die geleentheid gaan kry om op te tree.

Die hoofverhoog se program skop dan om 13:30 met Ricky Faber, Arno van der Hoff, Deon Groot, Riana Nel, Juan Boucher, Karlien van Jaarsveld, Jay, Dirk van der Westhuizen, Snotkop en Steve Hofmeyr af.

Vanjaar kom kuier Sorina, ook as die Flooze bekend, saam en sal saam met Henry Bruinette as aanbieders optree.

Daar is hope kindervermaak, ’n kindertuin-area met gekwalifiseerde oppassers, wat flieks, gesigverf, inkleur en meer aanbied, sowel as ’n speelarea met allerhande opblaas glybane, kastele “rockets” en ook die gewilde mallemeule.

Brent le Riche en sy span van LeRiche Racing kom met twee motorfiets vertonings die adrenalien bietjie pomp vir die manne.

’n Biertuin en hope kosstalletjies gaan die dors les en hongerpyne stil terwyl diegene wat bietjie wil rondsnuffel die handwerkstalletjies en motoruitstallings kan besoek.

Die organiseerders doen graag ’n beroep op besighede in en om Springs om ook betrokke te raak by die fees, aangesien dit ’n reuse bemarkings en finansiële platform skep.

Bring gerus jou kampstoel en kombers en kom fees saam by die OosRand se grootste en beste fees. Kaartjies kan nou gekoop word deur ’n e-pos te stuur aan kaartjies@afrisaamfees.co.za of skakel 076 928 6921. Klik hier om die volledige program te kry.

Die Afrisaam Fees word met trots in samewerking met Cappucinos Springs, Makro Carnival, Oosrand Stereo 93.9FM, Jubilee motors, Home Corp, Magico SA, Caxton, Springs Advertiser, H2O Zone, Angry Monkey, Extreme Edge, Afrikaans Toekomstrust, Pin Up Girls by Johané, SAB, Elco Staal, Casseys’ Ford en Fabu Leux aangebied.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Afrisaam Fees 2019: Hier’s alles wat jy moet weet!
Caroline Grace: ‘Afrisaam is ’n droom wat waar geword het’
Bobby van Jaarsveld: ‘Feeste vier ons taal deur musiek’
Afrisaam Fees gee vanjaar terug aan ons viervoetige vriende

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.