Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Afrisaam Fees gee vanjaar terug aan ons viervoetige vriende

Die organiseerders van die Afrisaam Fees poog jaarliks om ’n projek of twee aan te pak om die gemeenskap ’n hupstoot te gee. En dié keer moedig hulle alle feesgangers aan om betrokke te raak.

LEES OOK: Afrisaam Fees vier vanjaar weer Afrikaans

Feesgangers wat vanjaar se fees bywoon word aangeraai om enige diere produkte soos kos, komberse, speelgoed en enigiets anders wat die las ligter kan maak en die diere kan bederf saam te bring op 8 Junie.

Die produkte kan dan in die Wollies Animal Project-houers op die feesgronde afgegee word.

“Daar is sowat 600 honde en 300 katte by Wollies wat daagliks gevoer, versorg en gedokter moet word. Al hierdie goed kos baie geld. Kom ons staan saam en help hierdie hulpelose diere en help om die vrywilligers se taak makliker te maak,” sê Lianné Barnard, een van die organiseerders van die fees.

Die Afrisaam Fees vind vanjaar plaas op 8 Junie op die gronde van die Springs Tegniese Hoërskool.

Die Afrisaam Fees word aangebied met The Marketing Zoo as bemarkingsvennoot en Afrikaanse Musieknuus as aanlyn mediavennoot.