Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Nuwe klank, nuwe energie: Demi Lee Moore verras met ‘Daai Gevoel’

Redaksiespan5 Junie 2026
FOTO: Hendri Fourie
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Met haar album “Klein Dingetjies”, wat verlede jaar uitgereik is, het Demi Lee Moore haar plek as een van die grootste name in Afrikaanse musiek verder versterk. 

Sedertdien het Demi Lee se lewe ook op ’n persoonlike vlak verander. Benewens haar suksesvolle musiekloopbaan, het sy ’n nuwe en kosbare titel bygekry – dié van ma vir haar klein seuntjie.

Nou, byna ’n jaar ná haar laaste musiekvrystelling, is sy terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat reeds die potensiaal het om een van die grootste liedjies van haar loopbaan te word.

“Daai Gevoel” is ’n energieke, opbouende liefdesliedjie wat deur die geliefde en ontslape liedjieskrywer Johan Oberholzer geskryf is. Dié liedjie dra besondere betekenis vir Demi Lee, wat jare lank met Johan bevriend was. Hy was ook die skrywer van haar deurbraakwenliedjie, “Mis Eet Slaap Herhaal”, waarmee sy die eerste seisoen van Die Kontrak gewen het.

“Dit is en sal altyd ’n voorreg bly om ’n liedjie uit Johan se pen te sing. Hy het net ’n manier gehad om met woorde te speel. Ek glo vas ek sou nie wees waar ek vandag is sonder Johan se liedjies nie. Hy het my so goed verstaan. Dis ’n voorreg om sy musiek te kan laat voortleef,” sê Demi Lee.

Met “Daai Gevoel” waag Demi Lee haarself doelbewus buite haar musikale gemaksone en verken sy nuwe klankelemente wat haar luisteraars moontlik nie van haar sou verwag nie.

“Ek voel dit is altyd nodig. Hoe gaan ’n mens ooit groei as jy nie buite jou gemaksone beweeg nie? Hoe gaan jy weet of daar meer is wat jy kan vermag?”

Die liedjie handel oor daardie onbeskryflike gevoel wat mense laat leef, glimlag en hulself vry laat voel. Hoewel die liedjie se kern oor liefde gaan, kan luisteraars hul eie betekenis daarin vind.

“Daai gevoel kan iemand wees, dit kan wees om te dans, om te sing, om net te leef sonder dat jy omgee wat mense dink. Dit kan ’n herinnering aan ’n goeie vakansie wees, dit kan ’n liedjie wees – dit kan enigiets wees,” verduidelik sy.

Die boodskap wat sy met die liedjie wil oordra, is eenvoudig maar kragtig:

“Ek hoop mense laat hulself toe om bietjie buite die boks te doen en te dink en nie hulself te briek deur vrees of onsekerheid nie. Doen dit net! En ek hoop hulle gaan lekker dans.”

Die vrystelling word vergesel deur ’n indrukwekkende musiekvideo waarin Demi Lee vir die eerste keer haar dansskoene aantrek. Sy deel die skerm met die professionele danser Jac-Louis Snyman, iets wat aanhangers nog nooit van haar gesien het nie.

“Ek het nooit in my lewe gedink ek sou dans nie en hier dans ek tog te lekker! Ek dink as ’n nuwe ma het ek net gevoel ek wil die beste weergawe van myself word, en deur dit myself druk om dinge buite die boks te doen.”

Die produksie van die musiekvideo was geen geringe taak nie. Die opname het oor byna vier-en-twintig uur gestrek en is op drie verskillende stelle verfilm. Ten spyte van die lang ure, koue toestande en fisiese uitdagings, beskryf Demi Lee dit as een van die mees vervullende ervarings van haar loopbaan.

“Dit was die beste ervaring. Dit was moeilik en dit was baie lang ure. Ons was in pyn en het so koud gekry, maar absoluut elke bietjie was die moeite werd. Die danser Jac-Louis was só gaaf en het my so mooi gehelp en regtig net ’n wonderlike energie na die stel gebring.”

Die choreografie vir die video is behartig deur Keenan, dieselfde choreograaf en vriend wat verantwoordelik was vir die ‘viral’ dansroetine in Demi Lee se musiekvideo vir “Hart Breek”.

Met ’n vars klank, ’n inspirerende boodskap en ’n visueel indrukwekkende musiekvideo, wys Demi Lee Moore weereens waarom sy een van die mees geliefde en dinamiese kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf is.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.