Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Brandpunte bespreek by Kunste Onbeperk se Jam-sessie

Redaksiespan15 Mei 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Hooffoto: Kunste Onbeperk Twitter

Gehore kla oor die gehalte van Suid-Afrikaanse musiek. Plaatemaatskappye en kunstenaars is besorg oor dalende musiekverkope en krimende inkomste. Die kunstefeeste, borge en programmeerders wonder wat hulle te doen staan om groter gehore te lok en nuwe talent te bevorder.

Die skrywer, Danie Marais, gesels met kenners oor dié kwessies wat die musiekbedryf in die gesig staar vanaf die Artscape Teater kompleks in Kaapstad.

Die eerste paneel bestaan uit Jaconell Mouton, Emo Adams, Willem Breytenbach, Carien Loubser en Churchill Naudé.

Emo Adams se oplossing is dat kunstenaars aan hul brand moet bou, en nie verloor wie hulle is, ten spyte van sponsors nie. Hy meen: “The economy has fallen. Artists don’t have time to wait to be a success. Ons kan nie die effort in sit as borge ons nie aanvaar nie.”

“People see the glamour, but the artist suffer,” voeg hy by. Volgens hom wag kunstenaars nie vir ’n fees om te sê hulle legit nie. Hulle is wie hulle is, en hulle moet bou aan die brand.

Hy sê ook dat kunstenaars versigtig moet wees om nie te generies te raak nie. “Festivals need to be vigilant of repetition.”

Carien Loubser, vervaardiger van die kykNET-reeks, Republiek van Zoid Afrika het ook haar stem dik gemaak, en gesels oor die sukses van dié reeks en hoe sake in die musiekbedryf staan. “Die musiekbedryf word gesien as ’n besigheid, maar ek is geskok om te sien hoe min geld kunstenaars kry,” laat sy van haar hoor.

As jy ’n liedjie stream kry die kunstenaar slegs 7c per stream. Dít beteken die liedjie moet 700 000 streams kry voor jy gelykbreek. “Maar dit [digitale verkope en streaming] groei. Digitale musiek en die verbruik daarvan groei met 4%.”

Volgens haar is die Afrikaanse musiekbedryf R2 biljoen werd. “Dis ’n goeie industrie,” sê sy.

Die musikant en vervaardiger, Jaconell Mouton, het weer op haar beurt gesê: “Jy vestig jouself as ’n idividualis, en ek dink dis hoe dit moet wees.” Sy sê verder om nie iemand anders te wees nie, want hulle sal beter as jy wees.

Sy raak ook die brandpunt van agente aan, en meen: “Daar is bitter min goeie agente en hulle kan jou loopbaan maak of breek.”

Die kletsrymer, Churchill Naudé, volg haar op en sê: “Die Afrikaanse musiekbedryf is stagnant. Mense sê Afrikaans gaan dood. Dit gaan dood as gevolg van kunstenaars, hulle musiek en liedjies.”

Hy meen dat die bedryf nie gaan groei as mense bang is vir nuwe idees. “Die musiekbedryf hou  nie van die waarheid nie en dus groei dit nie,” sê hy.

Willem Breytenbach, mede-direkteur van Lumico, sê weer: “Sosiale media is een van die oplossings vir blootstelling, maar dit is harde werk en nie iets wat jy kan koop nie.”

Volg die gesprek regstreeks op Twitter en Facebook en hou ons webblad dop.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.