Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Nóg ’n wonderwerk vir Leah

Redaksiespan24 Februarie 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ná al die hoogtepunte van 2016, kan Leah sommer vroeg in 2017 nog een op die kerfstok plaas. Na ’n Ghoema, drie Huisgenoot Tempo-toekennings en die heruitreiking van haar Wonderwerk CD in Deluxe formaat, kom die nuus dat verkope van die einste album die 15 000 kerf verbygesteek het. Dis reg, goue status vir Leah se Wonderwerk Deluxe-album!

Leah - Goud 2
Bo-en-behalwe die treffers wat reeds op radio gehoor kan word, en wat aan Leah al die toekennings besorg het, bevat die Deluxe-album treffers soos Volmaan, en ’n nuwe weergawe van Meer As Niks.

En met ’n nuwe weergawe van Met Jou Klere Aan, beantwoord Leah ook daardie tergende vraag wat bewonderaars nou al ’n rukkie aan die raai het: “Wat is die lekkerste ding om te doen met jou klere aan?” Vir die antwoord, sal jy maar die Wonderwerk Deluxe-album moet aanskaf.

Een van die vier nuwe liedjies op die album, C’est La Vie, is ook die volgende liedjie wat aan radiostasies gestuur sal word en behoort weer die trefferslyste uit te klim.

Kry Wonderwerk Deluxe hier.

Leah - Wonderwerk Deluxe uitgawe

’n Opkomende toer na Namibië wat verskeie optredes in verskeie stede insluit, is ook in die pyplyn.

Kyk die musiekvideo van Jou Liefde hier:

 
Vir meer inligting oor waar jy Leah kan sien optree of die datum van vrystellling vir die Wonderwerk Deluxe-album, volg Leah op Twitter, Instagram en like haar Facebook-blad.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.