Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Dewald Wasserfall vier goue status met nuwe enkelsnit

Redaksiespan1 Maart 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Dewald Wassefall se album Jy Is Die Storm, het sopas goue status bereik – dis verkope van 15 000 eenhede sedert die uitreiking aan die einde van 2016. En watter meer gepaste manier is daar om dit te vier as met die bekendstelling van ’n splinternuwe treffer vanaf die album: Laat Die Lig Inkom.

Luister na die snit op Apple Music hier:
 


Volgens Dewald handel Laat Die Lig Inkom daaroor om te vergeet van die verlede se gevegte en seer, en te fokus op die toekoms. “Om die goeie in jou lewe toe te laat en afstand te doen van die sleg om jou eie lig te skep in tye van donker.” Die liedjie behoort in die voetspore van die eerste treffer, en titelsnit van Jy Is Die Storm te volg wat meer as twee maande in die Top 5 op die iTunes Afrikaanse trefferlys spandeer het.

Die bewustheid rondom Dewald se derde solo album het ook nog nie bedaar nie. Daarvan getuig die 310 000 kere wat die video van Jy Is Die Storm al op YouTube gekyk is, en die reaksie toe hy dit lewendig voor die gehore by die Afrikaans Is Groot konserte gesing het. En natuurlik sal die nuwe treffer op radiostasies regoor die land gehoor word, en die gewildheid van die album nog ’n verdere hupstoot gee.

_10A1705

Bo-en-behalwe ’n toer na Dubai in 2017, is Dewald se konsertkalender besig om vinnig vol te raak met plaaslike optredes wat maande vooruit bespreek is.

Dus, om op die hoogte te bly van Dewald se loopbaan en verwikkelinge, volg hom gerus op Twitter, Facebook en Instagram.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.