Armand Joubert het vroeër dalk glad nie ’n klokkie gelui nie, maar ná Sondag, 19 Februarie se uitsending van The Voice SA is dié kunstenaar op almal se lippe. Hy het nie een nie, ook nie twee nie, nog minder drie maar al vier mentors verras, en elkeen het hul ikoniese “rooi knoppie” gedruk!
Kyk sy oudisie-video hier:
Ons inhoudskrywer, Fanie Nel, het verlede jaar met dié talentvolle kunstenaar gesels.
Wie is Armand Joubert?
’n Groot dromer wat begin sing het op die ouderdom van 5, en nou op 20 is hy reg om sy musiek met die wêreld te deel.
Waar het alles begin?
Als het begin toe my ma agter gekom het kon sing op die ouderdom van 5. Ek onthou daardie dag só goed. My heel eerste liedjie wat ek kon sing was Tiny Bubbles. Van daardie dag af het ek net besef dat ek regtig lief is vir sing!
Jou debuutalbum Drome Word Waar is onlangs vrygestel. Vertel ons bietjie meer van die proses en hoe jy hierdie reis ervaar het.
Die reis met Drome Word Waar was awesome! Ek het so baie geleer van myself, en al is dit nou eers my debuutalbum, het ek so baie geleer van wie ek is en wat ek wil hê. Glo in jouself want enige iets is moontlik.
Waar kan mense jou album in die hande kry?
Hul kan gerus my album kry op iTunes, Google Play, Spotify en dit sal binnekort ook op die rakke wees.
In drie woorde verduidelik die gevoel van jou album.
Drome! Break-ups! Haha en Liefde

Hoekom moet mense dié album koop?
Ek dink regtig die album gaan met hulle harte praat, want ek het regtig uit my hart uit geskryf.
Wat inspireer jou?
Mense wat oorwin, mense se stories. My familie en vriende en, defnitief mede kunsternaars en of natuurlik Jesus.
Wat is jou toekoms planne?
My toekoms planne is regtig om my musiek met die wêreld te deel, en soveel te toer as moontlik.
Bosveld of See?
Oooh, see see see!
Kyk sy musiekvideo vir Drome Word Waar hier:
