Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Luister nou na Afrikaanse Musiek Nuus op Liedjie
Nuus

Luister nou na Afrikaanse Musiek Nuus op Liedjie

Redaksiespan28 Februarie 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Liedjie, die eerste Afrikaanse musiekstroomdiens, bied die ideale klankbaan vir jou daaglikse lewe en Afrikaanse Musiek Nuus is dáár. Danksy tegnologiese vordering kan jy nou enige tyd, en op enige plek met jou slimfoon na jou gunsteling musiek luister.

Byna elke Afrikaanse kunstenaar onder die son se musiek is op die app.

Wat is ’n musiekstroomdiens, en waarom is dit nuttig?

Dis ’n aanlyn platform wat jou in staat stel om teen ’n vasgestelde maandelikse fooi na amper enige liedjie te luister.

Wanneer ’n mens musiek stroom, luister jy deur ’n internetverbinding regstreeks daarna jy laai nie die snit af nie.


Danksy die Liedjie-app kan jy dus wanneer jy wil na die musiek van jou keuse luister. Jy beheer heeltyd wat jy hoor; anders as ’n radiostasie, waar die omroeper besluit watter liedjie volgende gespeel word.

Adam

Hoe werk dit?

Sodra jy die Liedjie-app op jou foon afgelaai en aangedui het hoe jy gaan betaal (sien onder), kry jy 30 dae gratis toegang en kan jy na hartelus luister na al die musiek waaroor jy mal is.

Boonop is dit maklik om die app te gebruik. Kies ’n kunstenaar, speellys of gaan direk na Afrikaanse Musiek Nuus op Liedjie, en daarna sal die musiek begin speel. En vir jou gerief kan jy jou gunstelinge met ’n ster-ikoon merk om gou weer daarby uit te kom.

Kan ek sonder ’n internetverbinding na musiek luister?

Ja en nee. Sodra jy een keer na ’n liedjie geluister het terwyl jou selfoon aan die internet verbind was, kan jy op die vliegtuig-ikoon klik. ’n Weergawe van die liedjie sal dan op jou foon se geheue gelaai word en jy sal sonder ’n internetverbinding daarna kan luister.

vlugmodus-1

Hoeveel data gebruik Liedjie?

’n Snit van 3 minute gebruik gemiddeld 1,3 MB data; daarom word aanbeveel dat jy Wi-Fi gebruik. Jy kan die app stel dat jy net in Wi-Fi-gebiede toegang daartoe het. Onthou om die vliegtuig-ikoon (sien hierbo) te gebruik sodat jy buite ’n Wi-Fi-gebied na jou gunstelingsnitte kan luister sonder om data te gebruik.

Hoeveel kos dit?

Jy kan die Liedjie-app gratis van die Google Play Store aflaai. Sodra jy ’n betaalmetode (sien onder) verskaf, kry jy 30 dae gratis toegang, waarna die maandelikse fooi R49,99 beloop.

Apple iPhone-gebruikers wat deur die app registreer, betaal R59,99. Jy kan ook registreer by speel.liedjie.com om die R49,99-aanbod te benut. Daar is geen kontrakte of verpligtings nie.

Let wel: Liedjie is tans net in Suid-Afrika beskikbaar.

Hoe betaal ek?

Gebruik ’n kredietkaart of betaal kontant deur die VCPay-opsie op die app. Jy kan jou intekening enige tyd kanselleer.

 

Op hoeveel toestelle kan ek Liedjie gebruik?

Jy het op jou selfoon, tablet en rekenaar toegang daartoe, maar wel net deur een van die toestelle op ’n slag.

Kry vandag nog Liedjie in die Google Play Store en op iTunes.

Besoek ook hul webtuiste vir meer inligting.

 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.