Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Die nuwe jaar bring ’n nuwe kunstenaar na die musiektoneel

Redaksiespan Nuus
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

Die naam is eintlik geen vreemdeling vir Afrikaanse musiek nie. Appel, Christoph Kotzé is een van Suid-Afrika se besigste kontemporêre Afrikaanse liedjieskrywers met kunstenaars soos Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, EDEN, Laurika Rauch, Bok Van Blerk, Lianie May en Dewald Wasserfall wat al treffers gehad het met liedjies uit sy pen. Maar nou betree hy die kollig onder die ander naam wat kunstenaars hom al lank voor ken: Appel.

As jy al by vertonings by feeste soos Aardklop, Innibos en die Rittelfees bygewoon het, het jy Appel dalk al sien optree. En na sy Ghoema-toekenning vir Liedjie van die Jaar vir EDEN se Superhero, en die titelsnit treffer uit die rolprent Somer Son, kan liefhebbers van Afrikaanse musiek hul nou gereed maak vir Lei my na die water, ’n CD gevul met 17 liedjes insluitend die titelsnit. Uiteindelik, na bewonderaars al vir jare probeer om hom sover te kry om sy eie album vry te stel, het hy nou gehoor gegee.

Oor die titelsnit het Appel die volgende te sê: “Ek het die inspirasie gekry vir die lied toe ek vir drie maande in die hospitaal gelê het en my vrou oggend in en aand uit my bygestaan het, aan my sy was toe ek weer tree vir tree leer loop het, woord vir woord weer leer praat het. Sy het letterlik my sielkundige wonde gebalsem.”
“Ek het daar die krag van ware liefde begryp en hoe ons vir mekaar baie meer kan beteken as enige aardse dinge,” vertel hy verder.

“Die waarheid is dat in vandag se tyd en eeu is ons baie gedrewe op onsself, die krag van die individu, maar eintlik hoort dit nie so nie. Ons kort mekaar en die krag van liefde word verskriklik onderskat.”

“Ek hoop terdeë dat hierdie lied mense se harte kan oopmaak en laat besef dat ‘n helpende hand weer die siel se vure kan laat brand.”

Benewens Lei my na die water, is daar ook, ’n duet saam met Bok van Blerk met die titel Lemoene en ’n paar Engelse snitte. Appel sien homself as ’n storieverteller en dit skemer beslis deur in sy musiek met lirieke wat handel oor die liefde en die impak daarvan op mens se lewe. Die liedjies het almal diepte, maar met ‘n kommersiële aanslag wat steeds die hartsnare sal roer.

Appel - Le my na die water

’n Trilogie van liedjies op die album, Lei my na die Water, Kom en lê my neer en Vroumens is nou beskikbaar op iTunes. Kry dit hier. 

Sedert dit op iTunes beskikbaar gestel is Vrydag, 10 Februarie, is al drie liedjies reeds in die Afrikaanse Top 5. Die hele album kan vooraf bestel word.

As jy dus hou van volwasse, kontemporêre popmusiek, wees op die uitkyk vir die CD wat binnekort op die rakke sal wees.

Kontak Aïda Steyn, aida@ihagency.co.za, as jy Appel wil bespreek vir ’n optrede met ’n persoonlike en intieme geur.

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.