Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Die nuwe jaar bring ’n nuwe kunstenaar na die musiektoneel

Redaksiespan17 Februarie 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die naam is eintlik geen vreemdeling vir Afrikaanse musiek nie. Appel, Christoph Kotzé is een van Suid-Afrika se besigste kontemporêre Afrikaanse liedjieskrywers met kunstenaars soos Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, EDEN, Laurika Rauch, Bok Van Blerk, Lianie May en Dewald Wasserfall wat al treffers gehad het met liedjies uit sy pen. Maar nou betree hy die kollig onder die ander naam wat kunstenaars hom al lank voor ken: Appel.

As jy al by vertonings by feeste soos Aardklop, Innibos en die Rittelfees bygewoon het, het jy Appel dalk al sien optree. En na sy Ghoema-toekenning vir Liedjie van die Jaar vir EDEN se Superhero, en die titelsnit treffer uit die rolprent Somer Son, kan liefhebbers van Afrikaanse musiek hul nou gereed maak vir Lei my na die water, ’n CD gevul met 17 liedjes insluitend die titelsnit. Uiteindelik, na bewonderaars al vir jare probeer om hom sover te kry om sy eie album vry te stel, het hy nou gehoor gegee.

Oor die titelsnit het Appel die volgende te sê: “Ek het die inspirasie gekry vir die lied toe ek vir drie maande in die hospitaal gelê het en my vrou oggend in en aand uit my bygestaan het, aan my sy was toe ek weer tree vir tree leer loop het, woord vir woord weer leer praat het. Sy het letterlik my sielkundige wonde gebalsem.”
“Ek het daar die krag van ware liefde begryp en hoe ons vir mekaar baie meer kan beteken as enige aardse dinge,” vertel hy verder.

“Die waarheid is dat in vandag se tyd en eeu is ons baie gedrewe op onsself, die krag van die individu, maar eintlik hoort dit nie so nie. Ons kort mekaar en die krag van liefde word verskriklik onderskat.”

“Ek hoop terdeë dat hierdie lied mense se harte kan oopmaak en laat besef dat ‘n helpende hand weer die siel se vure kan laat brand.”

Benewens Lei my na die water, is daar ook, ’n duet saam met Bok van Blerk met die titel Lemoene en ’n paar Engelse snitte. Appel sien homself as ’n storieverteller en dit skemer beslis deur in sy musiek met lirieke wat handel oor die liefde en die impak daarvan op mens se lewe. Die liedjies het almal diepte, maar met ‘n kommersiële aanslag wat steeds die hartsnare sal roer.

Appel - Le my na die water

’n Trilogie van liedjies op die album, Lei my na die Water, Kom en lê my neer en Vroumens is nou beskikbaar op iTunes. Kry dit hier. 

Sedert dit op iTunes beskikbaar gestel is Vrydag, 10 Februarie, is al drie liedjies reeds in die Afrikaanse Top 5. Die hele album kan vooraf bestel word.

As jy dus hou van volwasse, kontemporêre popmusiek, wees op die uitkyk vir die CD wat binnekort op die rakke sal wees.

Kontak Aïda Steyn, aida@ihagency.co.za, as jy Appel wil bespreek vir ’n optrede met ’n persoonlike en intieme geur.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.