Daar is geen beter manier om die laaste bietjie van ’n naweek te geniet as met ’n Sondagmiddag piekniek nie. En nou kan dit nóg lekkerder wees as Suid-Afrika se blinkste musieksterre die klankbaan verskaf! Piekniek & Musiek beloof om hierdie somer die hoogtepunt op die kalender te wees met gereelde optredes op Sondae op die grasperke van die Zevenwacht Landgoed in Kuilsrivier. Die eerste konsert, wat op Sondag, 12 November, afskop – is met niemand anders as die gewilde Elvis Blue nie. Al die konserte sal gedurende die dag plaasvind en teen sonsondergang klaar wees. Dus kan jy jou…
Skrywer: Redaksiespan
Geraldine Scholtz, ’n talentvolle jong blondine met ’n sprankelende persoonlikeid, is besig om vir haarself naam te maak in die musiekbedryf. Haar eerste enkelsnit, Sommer, is pas uitgereik en is reeds besig om radiogolwe oor te neem en musiekharte te verower. Luister hier na ’n voorsmakie van die snit: Sommer is ’n popliedjie uit die pen van Johan Oberholzer en vervaardig deur Murray Lubbe (The Hit Factory) en gaan oor ’n meisie wat verlief is op iemand wat haar nie raaksien nie. Die treffer is die perfekte pasmaat vir die nuweling se sterk, helder stem en is beslis iets waarby gehore van alle…
Die sanger Dewald Wasserfall en sy vrou, Anél, het ouers van ’n seuntjie geword! Sy mediawoordvoerder, Jenny Griesel, het dié goeie nuus Donderdag aan Huisgenoot bevestig. TBT Januarie in Vietnam saam met my 2 gunsteling mense A post shared by Dewald Wasserfall (@dewaldwasserfall) on May 31, 2017 at 11:36pm PDT “Dewald se baba seuntjie is gebore. Dit gaan baie goed met ma en baba,” het sy gesê Die paartjie wil nie nóg besonderhede verklap nie. Die kleinding se geboorte kom ’n paar maande nadat Dewald se album, Jy is die storm, goue status behaal het. Baie geluk met julle eersteling, Dewald en Anél!
Monique Steyn word ongetwyfeld as een van ons land se top vroulike kunstenaars beskou, met ’n stem wat nie vir niemand hoef terug te staan nie. Haar jongste album, Mosaïek, het pas die winkelrakke getref en aanhangers is reeds aan’t gons! Monique se debuut-album, Ek val vir jou, het die lig gesien in 2011 en vinnig goue status bereik. Sy was ook deel van die groep, 4Werke, wat platinumstatus agter hul naam geskryf het. Nou is sy terug met ’n meer volwasse klank – eie aan wie sy is. Meeste van die snitte op die album is deur die bekroonde…
Hooffoto: Die Heuwels Fantasties. Fotograaf: Quentin Viljoen Augustus is ’n groot maand vir die Die Heuwels Fantasties! Hulle stel twee nuwe enkelsnitte en twee musiekvideos vanaf hulle vyfde album, OKAY! bekend, kuier saam met Rian van Heerden op JacarandaFM, stel die musiekvideo vir die enkelsit, Laaste Rondtes, bekend op Jukebox, gesels met Bravo!, wys gesig in Binnelanders, vermaak op 25 Augustus by Toks & Tjops en bring terselfdertyd Bietjie Hoop in samewerking met GWK. Die eerste enkelsnit, Bietjie Hoop eksklusief op JacarandaFM vrygestel, wanneer Pierre Greeff, hoofsanger van Die Heuwels Fantasties, in die ateljee kuier en meer vertel oor die skryf en opneem van hierdie spesiale lied in…
Stof solank jou feesskoene af vir die immergewilde Madeliefie Makietie-fees wat vanjaar met ’n nuwe tuiste spog en vir die eerste keer op die bekoorlike Weskus-stranddorp Strandfontein gehou gaan word.
Kyk hier na Ruan Josh en Franja du Plessis se musiekvideo vir Ek Wil Lewe!
Die populêre broer-trio, 1925Band, het pas hulle derde enkelsnit, Al Te Min Te Veel Gevra, vanaf hulle langverwagte album, Eintlik Nogal Baie, bekendgestel. Hulle eerste enkelsnit, Eintlik Nogal Baie, wat ook die temalied van die gewilde film, Eintlik Nogal Baie was en in Augustus 2016 bekendgestel is het die nommer een posissie op verskeie radiostasies in Suid-Afrika se trefferparades behaal. Die film is internasionaal versprei en 1925Band het ook onlangs die temalied in Spaans gekomponeer. Daarna het Gedig op my Arm gevolg en nou bederf hulle wéér ons ore met Al Te Min Te Veel Gevra. Dié liedjie het ’n…
Luister hier na Ruan Wepener se nuwe enkelsnit, Vreemdeling!
Hoendervleismooi is die perfekte woord om Lizandra Winter se splinternuwe enkelsnit op te som. Die Begin bou voort op die sukses van haar eerste amptelike solo-snit en musiekvideo, Fluister, wat nie net deel was van die 2016-lokettreffer, Vir Altyd, se klankbaan nie, maar ook steeds gereeld speeltyd kry oor die radio en op die kassie. Volgens haar, gaan hierdie Pop-Rock-treffer daaroor dat ’n mens so vasgevang word in die gejaag van die lewe, dat jy vergeet wat regtig belangrik is. “Ek sê altyd vir my man dat ek nie vir eendag wil leef nie en tog vang ek myself so…