Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Geraldine Scholtz die nuwe naam op almal se lippe
Nuus

Geraldine Scholtz die nuwe naam op almal se lippe

Redaksiespan15 Augustus 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Geraldine Scholtz, ’n talentvolle jong blondine met ’n sprankelende persoonlikeid, is besig om vir haarself naam te maak in die musiekbedryf. Haar eerste enkelsnit, Sommer, is pas uitgereik en is reeds besig om radiogolwe oor te neem en musiekharte te verower.

Luister hier na ’n voorsmakie van die snit:

Sommer is ’n popliedjie uit die pen van Johan Oberholzer en vervaardig deur Murray Lubbe (The Hit Factory) en gaan oor ’n meisie wat verlief is op iemand wat haar nie raaksien nie. Die treffer is die perfekte pasmaat vir die nuweling se sterk, helder stem en is beslis iets waarby gehore van alle ouderdomme sal aanklank vind.

Met treffers soos Af en Af, Laaste asem, Vat my hoër, My alles en ’n totaal van meer as ’n 100 nr. 1 titels op nasionale en internasionale radiostasies, het Johan hom as een van ons land se mees produktiewe en suksesvolle liedjieskrywers gevestig.  “Sommer is vir my ‘n besonderse unieke liedjie vir ’n besonderse unieke talent.  Geraldine is beslis ’n vars briesie in die bedryf, veral met haar vernuf op instrumente en sjarme op die verhoog” sê hy.

“Daar is soveel mense wat wens dat iemand spesiaal hulle sal raaksien. Ek het vir Johan verduidelik waaroor ek wil hê die liedjie moet gaan en hy het my emosies in spesiale woorde neergepen. Ek voel dat ’n mens meer in die oomblik leef as jy sing oor iets wat jy voel en ervaar. Die liedjie is baie spesiaal vir my. Nie net oor wat dit beteken nie, maar ook omdat ek na jare se harde werk kan sê dat dit my eie een is,” borrel Geraldine, vir wie hierdie vrystelling een van die hoogtepunte van haar loopbaan is.

“My musiek is baie eerlik en ek deel my hart met luisteraars. Ek sing altyd liedjies waarmee ek ’n konneksie het of wat my waardes uitbeeld. My doel is om iets vars na die mark te bring, waarna alle ouderdomsgroepe kan luister en geniet.”

Geraldine woon tans in Witrivier, in die Laeveld, maar kuier gereeld in Gauteng vir optredes. Sy was van kleins af lief vir musiek en het gereeld, met die haarborsel as mikrofoon, deur die huis geloop en sing. Omdat sy nie mal was oor sport nie, het sy in die laerskool begin koor sing en dit is net hier waar haar passie vir musiekmaak behoorlik vlam gevat het. Klavier sowel as kitaarlesse en stemopleiding het gevolg en sy het aan Eisteddfod-kompetisies begin deelneem, waar sy baie goeie resultate behaal het.

Alhoewel sy vir ’n hele ruk operamusiek gesing het, het sy op hoërskool besluit om eerder op popmusiek te fokus en daarvan gedroom om haar talent met die wêreld te deel.

Die sangeres se loopbaan het behoorlik momentum gekry, nadat sy vir Ronel Brink – Bobby van Jaarsveld se ma en bestuurder – ontmoet en ’n opname vir haar gespeel het. Ronel het onmiddellik bevestig dat Geraldine talent het en haar die geleentheid gegee om van Bobby se vertonings te open. Sedertdien het sy al by groot feeste, soos Innibos, opgetree en die voorreg gehad om groot gehore op die verhoog te vermaak. Sy is ook binnekort te sien by Aardklop.

As sy enige ander loopbaan moes kies, sou sy ’n prokureur wou word, omdat sy daarvan hou om te redeneer en altyd haar feite agtermekaar het, maar verklap dat sy nie op hierdie stadium graag iets anders sou wou doen as sing nie. Wanneer sy by die huis is, geniet sy dit om te lees, flieks te kyk en haar vaardighede in haar tuisateljee te beproef. Sy luister ook graag na ’n wye verskeidenheid musiek, maar sonder Celine Dion en Taylor Swift uit as haar grootste inspirasie.

Haar ouers ondersteun haar in alles wat sy doen en is altyd daar om haar by te staan. Sy sal graag eendag ’n liedjie saam met Bobby van Jaarsveld wil opneem en het baie groot planne vir die toekoms. “Tans is my droom om my eie album uit te bring en daarna nog vele meer. Ek wil ’n wêreldbekende sangeres wees en my lewenslesse met gehore deel. Ek droom al twee jaar daarvan om my eie musiek te deel en dit maak my gelukkig dat een van my vele drome bewaarheid word. Ek sing al vir twaalf jaar en wil niks anders doen nie,” verduidelik sy.

Die musiekbedryf het vir Geraldine geleer om positief en dankbaar te wees oor elke geleentheid wat oor haar pad kom. Sy glo vas dat musiek ’n kunswerk is, wat die hart deur middel van die ore raak, en dit is ook wat sy graag met haar eie liedjies en loopbaan wil bereik. Sommer is die perfekte kombinasie van treffende lirieke en ’n lekkerluister-wysie, wat haar stem op sy beste laat vertoon. As dié treffer enige aanduiding is van wat sy beplan, wag daar voorwaar ’n blink toekoms op hierdie jong blondekop in die musiekwêreld.

Bly ophoogte van Geraldine se loopbaan op Facebook, Twitter en Instagram. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.