Skrywer: Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

Na maande se wag, het Jo Black sy debuutalbum, Skepe, vroeg in April uitgereik. Maar hy hoef nie maande gewag het om die goeie nuus te ontvang dat verkope die 15 000-kerf verbygesteek het nie. Om die waarheid te sê, ses weke was al wat nodig was. Vra maar enigiemand in die musiekbedryf – dis amper ongehoord vir ’n nuwe kunstenaar om daardie hoogtepunt so gou te bereik. Wel, nuwe kunstenaar in die sin dat dit sy eerste album is. Maar eintlik sing Jo al vir 16 jaar. Eers in kuierplekke en toe in kerke. En dis waar jy hom…

Lees meer

Dit was die jaar 2013 en tussen al die bekendes in die rolverdeling van die gewilde musiekfilm, As Jy Sing, het ’n nuweling die oog en die oor gevang. Amper 4 jaar later en Georic Lomas het nie net ’n getroue groep bewonderaars opgebou nie, maar na die uitreiking van sy eerste treffer, Bazaruto, hier teen die einde van verlede jaar, en sy dansliedjie Die Leeu, kom die opwindende nuus dat sy debuutalbum sopas bekend gestel is. As die sukses van Bazaruto en Die Leeu enigsens ’n aanduiding was van wat om te verwag – dit was op meer as…

Lees meer

’n Ekstra Classics is Groot-konsert word Saterdag, 24 Junie om 12:00, ten bate van diegene wat deur verwoestende brande in Knysna geraak is, aangebied. Hierdie nuus is pas deur Classics is Groot se vervaardigers bekendgemaak. Volgens Brendon Hargroves, uitvoerende vervaardiger van dié konserte, het alle rolspelers ingestem om hul dienste gratis hiervoor te bewillig. “Die ekstra konsert se opbrengs word aan organisasies geskenk wat help om verligting in die area te bring. Ons het besluit om alle kaartjies vir die ekstra konsert, teen R250 te verkoop. Dit is ons manier van omgee en om die mense van Knysna te ondersteun,”…

Lees meer

Ghoema-wenners, Anders, is ’n groep wat gehore al sedert 2008 af met hul warm stemme en harmonieë betower. Hierdie keer bring hulle ’n splinternuwe produksie na die verhoog toe. ’n Aand in Nashville, beloof om jou terug te vat na jou gunsteling country musiek, asook nuwe Afrikaans en Engelse country liedjies, geskryf deur die duo. Natuurlik deel hul ook die verhoog met van die beste musikante in Suid-Afrika. Die konsert vind plaas op 12 Augustus by Barnyard Teater Silverstar. Kaartjies is R150 per persoon. Klik hier om jou kaartjie te koop. Dit is ’n aand vir die hele gesin, iets…

Lees meer

Biltong en Bobby – hoe klink dit vir jou? Die sanger en The Voice SA-mentor, Bobby van Jaarsveld, gaan eersdaags sy eie biltong en koffie winkel open. Alhoewel hy nie veel oor die projek laat glip nie, skryf hy op sosiale media: “Hahhhahahahaha I KNOW…. 🙈 Tag someone who LOVES great Biltong and Coffee. Watch this space ☕🐂 #BobsBiltongAndCoffeeBar coming/opening very soon. ’n Paar van my favorites… great biltong en koffie… Ek is opgewonde!” Volgens die foto wat hy saam met die inskrywing geplaas het, is koffie, biltong speserye en selfs ’n voorskoot te koop. Ons kan nie wag nie…

Lees meer

Die finale rondte van The Voice SA het uiteindelik aangebreek. Vanaf Sondag, 21 Mei kan kykers vir hul gunsteling deelnemers stem. Elke episode gaan spesiale gaste optree, onder andere Goodluck, MaJozi, Gangs of Ballet, Gavin Edwards en vele meer. Kykers wat dié regstreekse uitsendings in Johannesburg wil bywoon kan kaartjies by Computicket koop. Só gaan die laaste rondte werk: Hoe gaan dit werk? Die laaste rondte het agt optredes. Episode 1: Karen en Kahn se spanne lewer hul items Episode 2: Karen en Kahn kry die geleentheid om een gunsteling in die kompetisie te hou, en die publiek se stemme…

Lees meer

Hierdie drie video’s, vorm saam ’n kort film, wat aaneenlopend kykers op die punte van hulle stoele sal hou. Die trilogie simboliseer die stryd wat Appel teen die dood oorwin het drie jaar terug, en dit belowe om die hartsnare te ruk. Die videos vir die liedjies Lei My Na Die Water, Kom En Lê My Neer en die ode aan sy vrou Vroumens sal deur die loop van Mei en Junie vrygestel word. Daar kan groot verrassings verwag word in hierdie tydperk. Die video’s was verfilm deur die bekroonde Gerhard van Rooyen. Besoek gerus ook die Appel Trilogie-webblad vir…

Lees meer