Skrywer: Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

Len Muller het beslis geen bekendstelling in die musiekbedryf nodig nie. Hy het een van daardie unieke stemme, wat ’n gehoor in die palm van sy hand hou totdat die laaste noot wegsterf, en het in ’n kort tydjie homself stewig kom vestig in die harte van musiekliefhebbers. Sy tweede studio-album, Oog van die storm, is pas bekendgestel en beloof om nie net voort te bou op sy kenmerkende wenresep nie, maar dit ook te oortref. Hierdie splinternuwe CD kan beskryf word as Afrikaans-akoesties en sluit die klanke van al dié musikant se gunstelinginstrumente in – van die banjo en…

Lees meer

Vier jaar na Desmond Wells se trefferalbum Dans My Verlief die lig gesien het, bring hy weer vir ’n splinternuwe album, Staan Vir Altyd By My, wat bestaan uit 12 oorspronklike liedjies. Die eerste liedjie op dié album Dansvloer Liefde het alreeds die no. 1 posisie op verskeie radiostasies regoor die land se trefferparades bereik en die musiekvideo het ook al meer as 327 000 trefslae op sosiale media. Desmond het ook onlangs ’n splinternuwe musiekvideo geskiet vir die enkelsnit, Die Woorde In My, wat ook vinnig besig is om ’n groot gunsteling onder Afrikaanse musiek liefhebbers te raak. Staan…

Lees meer

Ná ses jaar, kan bewonderaars van die sangeres, Juanita du Plessis, uitsien na haar splinternuwe geestelike album, Koningskind, wat op 23 Junie vrygestel word. Boonop het dié album reeds goue status bereik met meer as 20 000 eenhede wat op bestelling is. Juanita vertel dat die tyd reg was met God se pen in haar hand, en dat die album ’n baie persoolike skryfproses gehad het. Juanita se doel met die album is om hoop, dryf en nuwe lig in mense se lewens te laat vlam vat. Klik hier om die album vooraf op iTunes te bestel. Koningskind bestaan uit…

Lees meer

Die sanger, Steve Hofmeyr en sy vrou, Janine Hofmeyr se dogtertjie Romy-Lee is vanoggend omstreeks 08:11 gebore. Steve het dié nuus op sy Facebook-blad bevestig. Romy-Lee weeg 2.9kg en volgens haar trotse pa is sy Kleine Mej. Wêreld. Steve het op Kersdag 2016 aangekondig dat Janine swanger is. Steve en Janine is op 25 Januarie 2017 getroud!

Lees meer

Hierdie drie video’s, vorm saam ’n kort film, wat aaneenlopend kykers op die punte van hulle stoele sal hou. Die trilogie simboliseer die stryd wat Appel teen die dood oorwin het drie jaar terug, en dit belowe om die hartsnare te ruk. Die video’s was verfilm deur die bekroonde Gerhard van Rooyen. Lei My Na Die Water Lei My Na Die Water is die eerste video uit die trilogie en simboliseer die dood wat Appel kom aanval het deur sy stryd. Nèlene van der Westhuizen wat as Appel se vrou/liefde van sy lewe gespeel word, word weggeruk van hom af…

Lees meer