Skrywer: Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

Lianie May se splinternuwe enkelsnit, Strawberry lips, vanaf haar nuwe album, Iemand om lief te hê, is pas vrygestel. Lianie se nuwe album tref einde vandeesmaand die rakke. LEES OOK: Lianie May vier ’n dekade met ’n nuwe solo-album Die nuwe album bevat liedjies wat met elkeen se hart gaan praat, maak nie saak as jy by die braaivleis vuur staan, lekker sokkie of op ’n romantiese aand uit is nie. “Ek is so bevoorreg om twee ongelooflike skrywers betrokke te hê by die album, Johan Vorster en Christoph Kotzé (Appel),” sê Lianie. Volgens haar is Iemand om lief te hê…

Lees meer

Caroline-Grace Brüssow glo dat musiek die vermoë het om die siel te raak, waar woorde nie kan nie, en haar eie sangstyl is ’n getuigskrif hiervan. Dit is ook hierdie sielvolle benadering wat beoordelaars en kykers gaande gehad het, tydens die tweede seisoen van The Voice SA, waar sy in die top-vier van die kompetisie geëindig het. Haar eerste enkelsnit, Ek bid vir jou, is pas bekendgestel en beloof om nóg meer musiekharte te verower. Ek bid vir jou, uit die pen van bekende liedjieskrywers Roux Cloete en Niel Schoombee, vertel die storie van twee mense wat lief is vir mekaar, maar…

Lees meer

Dit het alles begin ná ’n optrede van die groep Eden in Oranjeville. Lianie May het ’n oudisie afgelê in ’n kleedkamer. Johan Vorster en Sean Else het haar toe genader om by Mozi-rekords aan te sluit, waarna sy haar debuut-album in 2007 uitgereik het. Nou is dié Jy soen my nie meer nie sangeres terug en vier boonop ’n dekade in die musiekbedryf. Iemand om lief te hê, is Lianie May se nuwe solo-album. Die nuwe album bevat liedjies wat met elkeen se hart gaan praat, maak nie saak as jy by die braaivleis vuur staan, lekker sokkie of op ’n…

Lees meer

Ondersteuners van die gewilde Afrikaans is Groot-konserte kan solank hul geld bymekaar skraap, want die organiseerders het pas nóg ’n paar konsert bygevoeg. “Die vraag na kaartjies vir vanjaar se Afrikaans is Groot was só oorweldigend, dat ons twee ekstra vertonings bygevoeg het,” sê Brendon Hargroves, uitvoerende vervaardiger van Afrikaans is Groot. Dié ekstra konserte sal op 30 November om 19:30 en 3 Desember om 13:00 plaasvind. Die organiseerders het ook vroeër vanjaar bekend gemaak dat die konsert nie meer plaas sal vind by die Moreletapark Ouditorium nie, maar skuif na Time Square se Sun Arena. “Ons is baie opgewonde oor…

Lees meer

Joshua na die Reën boei luisteraars met sy unieke musiekstyl en strelende stem en sy nuutste album, Die Wêreld Binne My, bewys weereens waarom aanhangers so gaande is oor sy musiek.    Die musiekvideo vir sy tweede enkelsnit vanaf hierdie album, Laat Die Wind My Neem, is pas uitgereik. “Die liedjie Laat Die Wind My Neem gaan eintlik oor die eerste woorde wat in die tweede versie voorkom: Soms wil ek net loop waar die velde in my groen is en die lug vol hoop, maar om die droogte in die oë te kyk, dit leer my die kuns om te…

Lees meer

Die sewende Bokkie-toekennings word Sondag, 8 Oktober 2017 by GrandWest in Kaapstad oorhandig. Ná ’n publiek nominasie-veldtog is die benoemdes uiteindelik bekend gemaak. Hier is die volledige lys: NUWELING VAN DIE JAAR Elandré Jackal & The Wind Jan Bloukaas Sunset Sweatshop SANGER VAN DIE JAAR Desmond Wells Elvis Blue Emo Adams Francois van Coke Hugo Nieuwoudt Kurt Darren Loki Rothman Snotkop Vernon Barnard Wouter van der Venter LIEDJIE VAN DIE JAAR – AFRIKAANS As die hippies begin dans – Wouter van der Venter Daai liedjie – Vernon Barnard Dansvloer liefde – Desmond Wells Gebruik my – Die Heuwels Fantasties Hoe lykit! – Snotkop Jy’s ’n…

Lees meer

Twaalf jaar terug het my kollegas vir my gesê: “Wat? Gaan jy die polisie los! Wat van jou medies en jou pensioen?” Só skryf ’n dankbare Desmond Wells op sy Facebook-blad, wie se paadjie vol kronkels was vóór hy die vrugte van geluk kon pluk. Desmond het gewerk op die Cape Flats, soos hulle dit in die volksmond noem, as polisiebeampte, en in daardie tyd was daar baie noue ontkomeings en skietgevalle. Desmond was so passievol oor sy werk dat hy in 2000 genomineer is as polisiebeampte van die jaar. LEES OOK: Desmond Wells reik nuwe album na vier jaar…

Lees meer

Vandat hy kan onthou oefen hy sy handtekening vir daardie “eendag” wat sy musiek in ’n album-baadjie kan pronk. Wel, eendag en vandag het pas sinoniem geword met die bekendstelling van Elandré se lang verwagte debuut-album, Kleindorp-dromer! Die toe 21-jarige van Despatch in die Oos- Kaap het in November 2016 die verrassing van ’n leeftyd gekry toe Select Musiek se Ernst Kleinhans hom tydens ’n regstreekse optrede op Bok Radio 98.9 FM en Bok TV ’n platekontrak aangebied het. Maande se harde werk later is die eindproduk – ’n album wat 13 snitte in Afrikaans en Engels beslaan – op…

Lees meer

Skuif solank reg vir ’n heerlike liefdesverhaal wat eersdaags in jou sitkamer gaan afspeel. Van die verlowing tot die groot dag voor die kansel. Die liefling-sangeres Lianie May en haar Barry was tien jaar lank verloof. Vroeër vanjaar hy haar gevra om te trou. Nou kan aanhangers van dié sangeres hul tande slyp vir ’n werklikheidreeks, Met My Hele Hart, wat eersdaags afskop. Luister na dié klankgreep waar Lianie jóú nooi om in te skakel: Reeds van episode 1 af kan jy ’n glasie vonkelwyn skink en deel in Lianie se verjaarsdagvieringe toe Barry die groot vraag gevra het.…

Lees meer