Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»1925Band stel nuwe enkelsnit bekend
Nuus

1925Band stel nuwe enkelsnit bekend

Redaksiespan12 Julie 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die populêre broer-trio, 1925Band, het pas hulle derde enkelsnit,  Al Te Min Te Veel Gevra, vanaf hulle langverwagte album, Eintlik Nogal Baie, bekendgestel.

Hulle eerste enkelsnit, Eintlik Nogal Baie, wat ook die temalied van die gewilde film, Eintlik Nogal Baie was en in Augustus 2016 bekendgestel is het die nommer een posissie op verskeie radiostasies in Suid-Afrika se trefferparades behaal. Die film is internasionaal versprei en 1925Band het ook onlangs die temalied in Spaans gekomponeer. Daarna het Gedig op my Arm gevolg en nou bederf hulle wéér ons ore met Al Te Min Te Veel Gevra.

Dié liedjie het ’n storie. “Ons het gedurende Desember 2016 in Plettenbergbaai aangekom.  Ons moes daar bly vir ’n paar maande.  Ons het ongelooflike mense daar ontmoet en wonderlike tye beleef, soms met dieselfde klere aan vir meer as een dag in ’n ry! Dit is waar ons die inspirasie gekry het om die woorde te skryf wat vir mense kan oordra hoe ons aan die Wes-Kaapse ‘vibe’ gewoond moes raak. Dit was drie maande sonder ’n huis, dieselfde kos en mense met baie persoonlikhede. Van lekker laat aande tot kuier op die strand as die sterre hoog sit. Ons as broers het deur moeilike tye gegaan. Ons moes sluk want ons het ’n droom om te volg. Daar was van ons te min gevra en ook te veel, maar ons sal altyd lief bly vir die duine in Plettenbergbaai,” sê David-Lee Gericke.

1925Band bestaan uit drie musikale broers, Reno, Jeff en David-Lee Gericke, wat in 2010 besluit het om professioneel te begin musiekmaak. Hulle styl kan hoofsaaklik as akoestiese folk beskryf word en die harmonieuse manier waarop hulle stemme by mekaar inskakel, asook die gevoel wat in elke liedjie na vore kom, is juis wat hulle musiek so lekker maak om na te luister. “Ons skryf musiek met baie emosie in die lirieke en melodieë en ons wil hê dat elkeen wat daarna luister dit moet voel. Dit is immers wat van liedjies treffers maak en waarmee luisteraars kan identifiseer,” vertel Reno, die ouboet van die groep. “David en Jeff skryf die meeste van die liedjies en word gewoonlik geïnspireer deur alledaagse gebeurtenisse, verhoudings en ervaringe van ons self en ander mense.”

Die broers is in die Kaap woonagtig, maar besoek Johannesburg en Pretoria gereeld vir optredes. Die broers het nog baie planne vir die toekoms, wat nog vele landswye toere, asook ’n oorsese toer insluit. Hulle sal ook nog graag saam met kunstenaars soos Karen Zoid, Emo Adams en Elvis Blue wil optree.

1925Band het ’n platekontrak by Storm Rekordz losgeslaan en hulle album, Eintlik Nogal Baie, word amptelik in September 2017 uitgereik.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.