Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Monique Steyn is terug met ’n ‘mosaïek-kunswerk’
Nuus

Monique Steyn is terug met ’n ‘mosaïek-kunswerk’

Redaksiespan11 Augustus 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Monique Steyn word ongetwyfeld as een van ons land se top vroulike kunstenaars beskou, met ’n stem wat nie vir niemand hoef terug te staan nie. Haar jongste album, Mosaïek, het pas die winkelrakke getref en aanhangers is reeds aan’t gons!

Monique se debuut-album, Ek val vir jou, het die lig gesien in 2011 en vinnig goue status bereik. Sy was ook deel van die groep, 4Werke, wat platinumstatus agter hul naam geskryf het. Nou is sy terug met ’n meer volwasse klank – eie aan wie sy is.

Meeste van die snitte op die album is deur die bekroonde skrywer, Johan Oberholzer, gepen. Johan is ook ’n goeie vriend van Monique. Dié twee het nou saam gewerk om die album so persoonlik as moontlik te maak. Coleske en die vervaardiger, Paulo Azevedo, het daarna aan die album geskaaf en skuur om seker te maak kwaliteit word gelewer.

“Ek glo nie daaraan om terug te kyk en jouself te bevraagteken nie,” sê Monique.

“Ek dink die besluite wat ek tot dusver geneem het, die pad wat ek geestelik gestap het, die vriende wat ek gemaak het en daardie oomblikke wat ek in ’n rigting moes besluit, het my gemaak wie ek vandag is.”

Volgens Monique kom al dié besluite soos ’n ‘mosaïek-kunswerk’ bymekaar, al is daar soms krake. Daarom die titel, Mosaïek, meen sy.

Die album bevat dertien snitte waarvan die treffer-duet, Hartseer, met Ruhan du Toit van Touch of Class by die album ingesluit is. Nóg verrassings op die album sluit ’n heropname van, Sweef soos ’n arend en ’n pragtige duet, ook met Ruhan, The Prayer in.

Alhoewel die album ’n meer volwasse klanke en ander sy van Monique vertoon kan aanhangers steeds uitsien na snitte wat die Monique wat ons leer ken het weerspieël.

Die album is nóú landwyd beskikbaar asook digitaal op GrootTunes.

Bly ophoogte van Monique Steyn se loopbaan op Facebook, Twitter en Instagram en gebruik die hutsmerk #Mosaïek om jou gedagtes oor die album te deel!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.