Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Kyk wat het Desmond Wells éérs gedoen

Twaalf jaar terug het my kollegas vir my gesê: “Wat? Gaan jy die polisie los! Wat van jou medies en jou pensioen?”

Só skryf ’n dankbare Desmond Wells op sy Facebook-blad, wie se paadjie vol kronkels was vóór hy die vrugte van geluk kon pluk. Desmond het gewerk op die Cape Flats, soos hulle dit in die volksmond noem, as polisiebeampte, en in daardie tyd was daar baie noue ontkomeings en skietgevalle. Desmond was so passievol oor sy werk dat hy in 2000 genomineer is as polisiebeampte van die jaar.

LEES OOK: Desmond Wells reik nuwe album na vier jaar uit

In 2004 het hy deel gevorm van die Wes-Kaap polisie se provinsiale atletiekspan en het selfs ’n bronsmedalje ontvang.

“Dit was maar baie negatiewe omstandighede waaronder ek gewerk het en vir jare daarna sou ek nog steeds nagmerries en terugflitse kry oor die lelike goed wat ek vir soveel jare elke dag moes sien,” sê Desmond.

In 2005 besluit Desmond om sy loopbaan as polisiebeampte in die SAPD prys te gee om voltyds te sing. In dié jaar ontvang hy ook ’n platekontrak by die KKNK.

Verskeie benoemings later en ’n rits albums op die rakke kon Desmond die vrugte pluk. “Vandag ses albums later is ek nie een oomblik spyt! Moet bieg daar was baie swaar tye, maar aanhouer wen en ek’t darem weer medies,” vertel Desmond.

Desmond se nuwe album Staan Vir Altyd By My is nóú op winkelrakke en ook op iTunes beskikbaar!

Luister die album op Liedjie