Die eerste Piekniek & Musiek-konsert is byna uitverkoop. Dié konsert, met Elvis Blue en Tarryn Lamb as openingskunstenaar, vind 12 November plaas. “Afrikaanse musiek is ongelooflik gewild, en ek is bly ek kan konserte soos dié vir musiekliefhebbers reël. Ons het nie sulke Sondag-opsies in die Noordelike voorstede nie,” sê Ian Bredenkamp, organiseerder van die Piekniek & Musiek-konsertreeks. Piekniek & Musiek is die geleentheid van die jaar met unike konserte op die grasperk van die Zevenwacht Landgoed in Kuilsrivier. Die konserte vind in die middae plaas en sal teen sonondergang reeds klaar wees. Van Suid-Afrika se top kunstenaars gaan die…
Skrywer: Redaksiespan
Ondersteuners van Len Muller het die afgelope week aangedui dat sy liedjie Ons Is Een, vanaf sy tweede studio-album, Oog Van Die Storm, hulle gunsteling is. Len het geluister en pas dié liedjie as volgende enkelsnit bekendgestel. Len het tien maande in Amerika spandeer en het gedurende daardie tyd baie na Suid-Afrika verlang. Daar het hy besef dat hy sy land eintlik baie lief het, en het hy toe al aan die lied begin skryf. Luister hier na ’n voorskou van die liedjie: “Ek glo ons is nie gemaak om in te pas of dieselfde te dink of te lyk…
Ná die wegholsukses van Elandré se musiekvideo vir Afrikaans Sal Bly is dié sanger terug met sy nuwe musiekvideo vir Stilte Voor Die Storm.
Beantwoord ’n eenvoudige vraag en staan die kans om ’n dubbelkaartjie na Loki Rothman se optrede by die Weltevreden Landgoed net buite Stellenbosch te wen.
Bobby van Jaarsveld het onlangs sy nuwe musiekvideo vir die splinternuwe enkelsnit, Net ’n Man, geskiet. Dié video is op 15 September in die middestad van Pretoria opgeneem. Die liedjie is die eerste enkelsnit vanaf sy splinternuwe album wat volgende jaar vrygestel gaan word. Die liedjie is reeds eksklusief beskikbaar op die Afrikaans is Groot volume 10 versamel album. Vir die video het Bobby 4 dubbelgangers nodig gehad om as sy ewebeeld op te tree. Die publiek is aangemoedig om in te skryf en ongeveer 100 inskrywings is ontvang. Nadat Coleske Artists die top-10 gekies het, moes Bobby die finale…
Vanjaar se Huisgenoot Tempo-toekennings het ’n digitale baadjie aangetrek en die wenners in die musiek kategorie is Dinsdag, 24 Oktober eksklusief op Huisgenoot se webblad bekend gemaak.
Die liewe, vriendelike kat, Kristi, se eerste musiekvideo saam met Helenè Bester, is vrygestel.
Merk 25 Oktober op jou kalender as ’n belangrike datum. Mathys Roets, Danie Niehaus en Kevin Leo kom by mekaar as Drie van die Bestes vir ’n onvergeetlike aand ten bate van Wiele500.
Wat gebeur wanneer Joe Foster en Tussen Sterre saam begin kuier, werk en planne maak? Hulle tree saam op, en word Fos*Ster gedoop.
Dis miskien glad nie toevallig dat mense aangemoedig word om cheese te sê wanneer foto’s geneem word nie met die idee dat die woord jou mond in ’n natuurlike glimlag sal laat verander nie.