Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Video’s»Caroline-Grace: Ek bid vir jou
Video’s

Caroline-Grace: Ek bid vir jou

Redaksiespan1 September 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Caroline-Grace Brüssow glo dat musiek die vermoë het om die siel te raak, waar woorde nie kan nie, en haar eie sangstyl is ’n getuigskrif hiervan. Dit is ook hierdie sielvolle benadering wat beoordelaars en kykers gaande gehad het, tydens die tweede seisoen van The Voice SA, waar sy in die top-vier van die kompetisie geëindig het. Haar eerste enkelsnit, Ek bid vir jou, is pas bekendgestel en beloof om nóg meer musiekharte te verower.

Ek bid vir jou, uit die pen van bekende liedjieskrywers Roux Cloete en Niel Schoombee, vertel die storie van twee mense wat lief is vir mekaar, maar weens omstandighede nie saam kan wees nie. Caroline-Grace se roerende vertolking van die seer en verlange wat die twee deurmaak, tref diep, en word ’n gebed wat hulle deur dit alles dra. Haar unieke stem is die perfekte pasmaat vir die hoendervleismooi lirieke en meesleurende wysie van dié kontemporêre snit, wat in jou kop bly maal lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het. “Ek het die liedjie gekies, want dit het direk met my gepraat. Toe ek dit vir die eerste keer gehoor het, het ek my man tien weke laas gesien. Dit is vreeslik moeilik om so lank van mekaar af weg te wees. Hy speel rugby in Japan en ek kan nie die heeltyd heen-en-weer vlieg nie. Dis moeilik om balans te vind tussen sy professionele beroep en myne. Die behoud in ons verhouding is ook gebed, soos in die liedjie,” verklap die blondekop-ster.

“Ek dink Suid-Afrika gaan verlief wees op hierdie enkelsnit se lirieke, melodie en natuurlik oor die mooi manier waarop die storie vertel word. Die liedjie is eg en eerlik en Caroline-Grace het ’n warm stem, maar bereik die hoë note met gemak. Sy is elegant, een van die hardwerkendste kunstenaars saam met wie ek al gewerk het en gaan beslis die land se ‘Koningin van Harte’ word,” vertel liedjieskrywer, Roux Cloete, wat meen dat langafstandverhoudings die inspirasie agter die treffer was.

“Hierdie liedjie is ’n intense gevoel van verlange in die oomblik wat jy vir niemand kan beskryf nie. Dis amper soos om te sê: ‘dan mis ek jou die meeste, dan mis ek jou die seerste’. In hierdie oomblik van verlange, is ’n gebed vir jou geliefde al wat dit ’n bietjie beter maak. In dieselfde asem, is jou grootste hoop dat die persoon ook vir jou sal bid,” sê hy.

Caroline-Grace meen dat die liedjie ’n tema het waarby almal sal aanklank vind. “Die persoon vir wie jy lief is maal konstant in jou gedagtes en, sonder dat jy dit eers besef, bid jy vir daardie persoon en wil jy hê dit moet goed gaan met hom of haar,” verduidelik sy.

Die Bloemfonteiner, wat al van kleins af sing en dans, glo dat haar diverse musieksmaak aan haar ouers te danke is, omdat hulle na alles geluister het van Led Zeppelin tot Leonard Cohen en The Beach Boys. “My pa het in die aande, na badtyd, vir ons kitaar gespeel en dan het ons altyd saamgesing,” onthou sy.

Alhoewel sy ’n introvert is, het sy op hoërskool besluit om dramaklasse te neem. In haar matriekjaar het haar loopbaan, in die vermaakbedryf, amptelik vlamgevat toe sy die hoofrol losgeslaan het in die musiekblyspel, Oklahoma, en kort daarna ook die Volksblad Spontaan-sangkompetisie gewen het. Talle kompetisies en konserte, waaronder Oprah Winfrey se gradeplegtigheid, Jy is my Liefling, Beauty and the Beast, en vele meer, het in die dertien jaar daarna gevolg. Sy het ook al die verhoog gedeel met groot kunstenaars soos ADAM, Jak de Priester, Jannie Moolman, Valiant Swart, Jannie du Toit, en meer. Haar deelname aan The Voice SA 2017 en ’n platekontrak met Universal Music word egter as die grootste hoogtepunt van haar loopbaan uitgesonder.

“Dit het vir my deure oopgemaak wat ek net van gedroom het en ’n platform geskep wat party kunstenaars jare neem om te bereik. Ek kon uiteindelik ’n platekontrak kry om my passie vir musiek te bevorder,” sê sy.

Karen Zoid, Riana Nel, Corlea Botha, Nádine en Leah is almal kunstenaars vir wie sy groot bewondering het en saam met wie sy dalk nog eendag sal wil werk. “Hulle is sangeresse in ’n klas van hulle eie. Ek sal baie by hulle kan leer. Om saam met kunstenaars te werk, wat die bedryf ken en ervaring het, is die beste leerskool en so druk jy jouself ook om beter te wees,” deel sy. Adele, Celine Dion, Roxette, Katy Perry, Whitney Houston, Lara Fabian en Sinéad O’Connor word ook gelys as van haar grootste musiekinvloede.

Alhoewel sy spog met ’n LLB-graad, meen Caroline-Grace dat sy altyd ’n kreatiewe beroep sou wou hê en dat sy mal is daaroor om gesigte te verf, omdat oë altyd vir haar verklap wat in die siel aangaan. Sy is tans besig om te werk aan haar eerste album, waaroor sy nie nou al veel kan sê, buiten dat dit uit lekker saamsing-musiek gaan bestaan nie. “Die musiekbedryf is wat jy daarvan maak. As jy nie hard werk nie, gaan niks daarvan kom nie. Harde werk, toewyding en om almal altyd met respek te hanteer, is baie belangrik,” verklap die sangeres.

Omdat Caroline-Grace self inspirasie put uit die emosie wat in sekere musiek opgesluit is, wil sy graag ook daardie tipe boodskap aan luisteraars oordra. Die sielvolle benadering en vertolking van haar nuwe enkelsnit, gaan nie net opslae maak in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie, maar is ook die begin van groot dinge vir hierdie pragtige musikant.

Ek bid vir jou is nóú ook op iTunes beskikbaar.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Elandré: Stilte Voor Die Storm
Gerhard Steyn en Nádine: Ons2
Johan Anker: Hallelujah
Joshua na die Reën: Laat Die Wind My Neem

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.