Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»’n Tweedekadelange droom ’n werklikheid vir Elandré
Nuus

’n Tweedekadelange droom ’n werklikheid vir Elandré

Redaksiespan15 Augustus 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Vandat hy kan onthou oefen hy sy handtekening vir daardie “eendag” wat sy musiek in ’n album-baadjie kan pronk. Wel, eendag en vandag het pas sinoniem geword met die bekendstelling van Elandré se lang verwagte debuut-album, Kleindorp-dromer!

Die toe 21-jarige van Despatch in die Oos- Kaap het in November 2016 die verrassing van ’n leeftyd gekry toe Select Musiek se Ernst Kleinhans hom tydens ’n regstreekse optrede op Bok Radio 98.9 FM en Bok TV ’n platekontrak aangebied het. Maande se harde werk later is die eindproduk – ’n album wat 13 snitte in Afrikaans en Engels beslaan – op die rakke, en sommer so met die intrapslag is dit duidelik dat gróót dinge vir hierdie jong talent beskore is.

Elandré se bariton-stem het ’n eiesoortige rykheid en diepte, terwyl dit dikwels ook ’n indrukwekkend hoë register verken en ewe gemaklik met pop, rock, country en meer alternatiewe geure saamsmelt. Sy debuutstuk is een met ’n vrye gees – patrioties, selfondersoekend, poëties, romanties, verenig met die amperse sorgeloosheid van jeug.

Klik hier om Kleindorp-dromer vooraf op iTunes te bestel.

Van die hoër tempo Afrikaans sal bly, Plek sonder naam en Honderd duisend maal tot by rustiger snitte soos Die lyn, Stilte voor die storm en Skadu’s teen my muur is dit nie die musiek van “gister se kind nie”, en die lirieke van sy nuutskeppings getuig van gedagtes en emosies wat ’n geruime tyd sorvuldig geslyp is om uiteindlik hul uiting in musiek te vind.

Die meer speelse country geur van Forever  – sowel as dekweergawes van countrynommers soos Josh Turner se Your man, Tonight I climbed the wall van Alan Jackson en ’n goeie dosis rock met Tougher than the rest van Bruce “The Boss” Springsteen – stel Elandré se musikale veelsydigheid uitstekend ten toon en laat geen twyfel oor waarom hy een van Suid-Afrika se mees in-aanvraag jong kunstenaars vir lewendige optredes is nie.

Kyk die musiekvideo van Afrikaans sal Bly hier:

 
“Hierdie is gróót. Dis ’n droom wat ek al baie lank, sedert my kinderdae, droom”, sê Elandré.

“Dis vir nou ’n totaal surrealistiese ervaring – amper asof my hart en brein dit nie als op een slag kan inneem nie. Ek is elkeen wat ’n rol gespeel het om my op hierdie koers te bring en te hou innig dankbaar en dra hierdie album aan elkeen van hulle op – bowenal aan die Een waarsonder nie een van ons sou kon doen wat ons doen nie. Soos die lirieke van die laaste snit op die album sê: ‘Onthou jou lig en Wie se kind jy is.’”

Die album sal die winkelrakke tref op 25 Augustus. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.