Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Luister na Lianie May se eerste enkelsnit vanaf nuwe album

Lianie May se splinternuwe enkelsnit, Strawberry lips, vanaf haar nuwe album, Iemand om lief te hê, is pas vrygestel.

Lianie se nuwe album tref einde vandeesmaand die rakke.

LEES OOK: Lianie May vier ’n dekade met ’n nuwe solo-album

Die nuwe album bevat liedjies wat met elkeen se hart gaan praat, maak nie saak as jy by die braaivleis vuur staan, lekker sokkie of op ’n romantiese aand uit is nie.

“Ek is so bevoorreg om twee ongelooflike skrywers betrokke te hê by die album, Johan Vorster en Christoph Kotzé (Appel),” sê Lianie.

Volgens haar is Iemand om lief te hê die mooiste liedjie wat sy nog gesing het. “Ek sien so uit om met die album te toer en die liedjies met almal te deel,” vertel sy opgewonde.