Huisgenoot Tempo-toekennings 2017: Hier is die musiekwenners

Vanjaar se Huisgenoot Tempo-toekennings het ’n digitale baadjie aangetrek en die wenners in die musiek kategorie is Dinsdag, 24 Oktober eksklusief op Huisgenoot se webblad bekend gemaak.

Hier is die wenners:

NUWELING VAN DIE JAAR
Jo Black – Skepe

GOSPELALBUM VAN DIE JAAR
Joe Niemand – Vryheid

KONTEMPORÊRE ALBUM VAN DIE JAAR
Riana Nel – Jy Sal Weet

POP-/SOKKIE-ALBUM VAN DIE JAAR
Dewald Wasserfall – Jy Is Die Storm

LIEDJIE VAN DIE JAAR
Jo Black – Skepe

MUSIEKVIDEO VAN DIE JAAR
Ricus Nel ft. Adam Tas, Bok van Blerk en Refentse – Hardekole

Hou huisgenoot.com dop in die week vir die res van die wenners.