Skrywer: Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

“’n Mens maak seer met woorde en juis oor daardie rede kan ’n mens nie altyd met woorde jammer sê nie, maar eerder vergifnis vra deur iemand net vas te hou.” Só sê die sanger en liedjieskrywer Joe Foster, wie se musiekvideo van sy nuwe enkelsnit, Vrede Maak, onlangs opgeneem is. Dié enkelsnit is eksklusief op die JOOX-musiekstroom app aan sy aanhangers beskikbaar gestel. “Ek het JOOX gekies want ek dink regtig dis baie belangrik om deel te wees van hierdie platform,” het Joe vertel. Volgens Joe is JOOX perfek vir die Afrikaanse musiekbedryf – veral as mens die toekoms…

Lees meer

Jou gunsteling Afrikaanse kunstenaars is nou letterlik aan die punte van jou vingers met die JOOX-musiekstroom app. Luister regstreeks na musiek of laai jou keuses af om weer én weer daarna te luister. Vandat Joox in Suid-Afrika bekend gestel is, het dit ’n reuse omwenteling in die Afrikaanse musiekwêreld veroorsaak. Musiekliefhebbers het nou ’n yslike biblioteek van musiek tot hul beskikking om hul eie persoonlike speellyste saam te stel. Verskeie Afrikaanse kunstenaars het ook dadelik die geleentheid aangegryp wat JOOX hul bied om hul musiek vinniger by hul ondersteuners te kry. Vir Deon van der Merwe & Ruhan du Toit,…

Lees meer

Nadat kaartjies vir nege Afrikaans is Groot-vertonings in Pretoria binne enkele ure uitverkoop het, maak dié gewilde konsertreeks weer ’n draai in die Moederstad – vir ’n vyfde keer. Op Saterdag, 17 Maart 2018 is dié konsert by die GrandWest Grand Arena in Kaapstad te sien. Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, Monique Steyn, Touch of Class, Die Heuwels Fantasties, Laurika Rauch, Corlea, Jannie Moolman, Elvis Blue, Jay, Lianie May, Bok van Blerk, Dewald Wasserfall, Snotkop en Arno Jordaan is almal saam op één verhoog. Afrikaans is Groot is ’n musiekkonsert…

Lees meer

Hieronder is inligting om jou ervaring so gerieflik as moontlik te maak. MAAK SEKER JY IS TEN VOLLE BEWUS VAN DIE DATUM EN TYD VAN DIE VERTONING WAT JY BYWOON, SOOS AANGEDUI OP JOU KAARTJIE. Verkeer Ons verwag meer as 8,000 mense per konsert, daarom raai ons jou aan om vroeg reeds by die Sun Arena te wees en sodoende te verseker jy is betyds vir die begin van die konsert. Die Tshwane Verkeersdepartement help ook om verkeersvloei te reguleer. Volg asb. hierdie roetes en gee gehoor aan die verkeersbeamptes. Parkering Parkering is beskikbaar by:         Time Square Casino & Arena…

Lees meer

Die charismatiese sangeres en skrywer Danièle Pascal vier vanjaar die 40ste jaar van haar solo-loopbaan in die vermaaklikheidsbedryf en tree op Vrydag, 10 November by Africlassic River Lodge in Rivonia, Johannesburg op. Kaartjies vir die opvoering beloop R290 per persoon en sluit ’n driegangete in. Dié bekroonde vermaaklikheids-ikoon spog met ’n lang lys loopbaanhoogtepunte – van haar verhoogdebuut op vyfjarige ouderdom tydens haar kinderjare in Toulon, Frankryk, tot haar optrede in verskeie verhoogproduksies in die VSA en Kanada, en haar vriendskap met oorlede Leonard Cohen, met wie sy tydens haar tydelike verblyf in Kanada opgetree het. Pascal woon sedert 1985…

Lees meer

Die immergroen, Laurika Rauch, het Woensdag, 1 November haar verjaardag gevier. Wat dié verjaardag egter spesiaal maak is die feit dat haar nuwe album, Gunstelinge, ook uitgereik is. Gunstelinge is ’n nuwe samestelling waarop Laurika Rauch ondermeer liedjies sing wat sedert 1999 opgeneem is. Sy sê dat sy besonders lief is vir die liedjies, en gevoel het dat hulle dalk nie oor die jare die aandag gekry het wat hulle toekom nie. Gunstelinge kon eintlik nog gunstelinge genoem gewees het – Laurika het reeds so baie besonderse liedjies wat in die kollektiewe hart ingekruip het opgeneem. Haar getroue gehoor sal…

Lees meer

Die opgewekte, voetstamplekker-wysie en betekenisvolle lirieke van Stephantasties se eerste solo-vrystelling, Dis Verkeerd, is die perfekte pasmaats vir dié veelsydige kunstenaar se stem. Die snit gaan binnekort die land se radiogolwe oorneem, net soos wat hierdie vermaaklikheidster, die afgelope paar jaar die musiek- en vermaakbedryf kom verower het. Dis Verkeerd is Stephantasties se eerste enkelsnit as solo-kunstenaar. Hy het die treffer self geskryf en vervaardig en beskryf dit as ’n lekker Afrikaanse popliedjie, wat beslis ’n gunsteling gaan wees op die dansvloer. “Dit gaan oor daai gevoel wat jy vir iemand het, wat so sterk is dat dit amper verkeerd…

Lees meer