Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Drie van die Bestes hou konsert vir liefdadigheid

Merk 25 Oktober op jou kalender as ’n belangrike datum. Mathys Roets, Danie Niehaus en Kevin Leo kom by mekaar as Drie van die Bestes vir ’n onvergeetlike aand ten bate van Wiele500.

Wiele500 is ’n liefdadigheidsorganisasie wat wiele-bene verskaf aan diegene wat meer onafhanklikheid begeer.

Die aand gaan propvol goeie musiek, lekker wyn, vingerhappies, sjokolade, droëwors en biltonghappies wees. Daar sal ook ’n kontantkroeg beskikbaar wees.

Die vertoning word voorafgegaan met ’n eksklusiewe veiling saam met Tiny van Rensburg wat om 18:30 begin.

Die vertoning vind plaas by die Drostdy Teater op Stellenbosch en kaartjies kan gekoop word op www.drostdyteater.co.za. Kaartjies kos R250 per persoon en word vinnig opgeraap. Maak seker jy kry jóú kaartjie so gou moontlik om teleurstelling te voorkom.